Konsepfoto’s vir die projek soos dit in die verslag verskyn. Foto Environmental Compliance Consultancy (ECC)
Konsepfoto’s vir die projek soos dit in die verslag verskyn. Foto Environmental Compliance Consultancy (ECC)

Groot planne vir Heja

‘Alle sake is nog in ’n baie vroeë stadium’
Environmental Compliance Consultancy het 'n verslag uitgereik met agtergrond-inligting van die projek om belangstellende en geraakte partye 'n oorsig te gee van die voorgestelde konstruksie.
Kristien Kruger
Die beplanning en navorsing vir ’n leefstyllandgoed op die perseel van Heja Game Lodge buite Windhoek is in volle swang.

Die voorlopige beplanning vir die landgoed dui op verskeie behuisingsopsies en moontlike skool- en gesondheidsgeriewe.

Dit is volgens ’n verslag deur Environmental Compliance Consultancy (ECC) wat op 12 Desember 2024 uitgereik is vir die beoogde konstruksie van die Heja Lifestyle and Country Estate.

Die verslag bevat die agtergrond-inligting van die projek en het ten doel om belangstellende en geraakte partye ’n oorsig te gee van die omvang van die voorgestelde konstruksie en bedryf van die landgoed.

Volgens dié inligtingsdokument (BID) word 2 000 residensiële erwe beplan wat enkelresidensiële huise, meenthuise en woonstelle insluit.

Die projek het glo ten doel om aan die groeiende vraag na diverse tipes residensiële behuising in die Windhoek-omgewing te voldoen.

“Die ontwikkeling vir gemengde gebruik, wat geriewe soos ’n skool, mediese fasiliteite, kleinhandelopsies en moontlik selfs ’n kommersiële komponent insluit, sal gesinne ’n unieke leefomgewing bied.

“’n Ontwikkeling buite Windhoek se middestad kan ook help om die groeiende verkeersopeenhopings te verlig,” lui die verslag.

Heja Game Lodge het sy deure in Julie 2023 gesluit waarna dit aan Gondwana Collection verkoop is.

Op navrae oor die projek, het Gondwana se groephandelsmerk-bemarkingsbestuurder, Jescey Bekker, gesê hulle is nie bereid om in hierdie stadium formele kommentaar te lewer nie.

“Daar is op die oomblik niks om oor verslag te doen nie. Alle sake in hierdie verband is nog in ’n baie vroeë stadium.

“Formele kommunikasie sal op die geskikte tyd met relevante partye gedeel word,” het Bekker vandeesweek aan Network Media Hub (NMH) gesê.



ONTWIKKELING

’n Verkeerstudie is glo reeds van stapel gestuur om die projek se potensiële impak op nabygeleë paaie te ondersoek.

“’n Verkeerstudie is in volle swang om te bepaal of die kruisings opgegradeer moet word sodra die nuwe (Dr Hage Geingob-)snelweg operasioneel is, weens die nabyheid (~70 meter) tussen die bestaande B6-snelweg en D1527-pad se kruising en die nuwe B6-Dr Hage Geingob-snelwegkruising,” lui die verslag.

Hoewel die verslag nie ’n datum insluit vir wanneer die konstruksie moontlik sal begin nie, gee dit ’n raamwerk van die fases waarin terreinvoorbereiding, grondwerke, kraginstallasie en die bou van waterretikulasie-infrastruktuur en rioolstelsels aangepak sal word.

Daarna sal die landgoed, volgens die verslag, in drie verskillende fases ontwikkel word (sien grafiek).

Die verslag beklemtoon ook dat planne vir die projek met verloop van tyd kan verander aangesien markvereistes moontlik kan verander.



POTENSIËLE OMGEWINGSIMPAKTE

In die verslag word die potensiële impak op die omgewing ook uitgelig.

In die BID word daar wel verseker dat die beste omgewingspraktyke tydens die konstruksie van die projek toegepas sal word.

“Verbintenisse sal gemaak word om te verseker dat konstruksie- en bedryfsaktiwiteite van die ontwikkeling in ooreenstemming is met beste omgewingspraktyke en sal in die omgewings- en maatskaplike bestuursplan gestipuleer word.”

Die potensiële impak wat geïndentifiseer is, sluit in moontlike mens-dier-konflik en verhoogde geraas wat moontlik wild in die omgewing en naburige eiendomseienaars kan beïnvloed.

Dit wys egter ook op die feit dat die landgoed maatskaplike stres kan verminder weens die toename in beskikbaarheid van behuising in die Windhoek-omgewing.

Die verslag voer verder aan dat dit Stad Windhoek en die breër Khomasstreek se ekonomie ’n hupstoot sal gee weens beide plaaslike en buitelandse beleggings.



VOLGENDE STAPPE

Luidens die verslag sal die publiek en sleutelbelanghebbendes uitnodigings ontvang om te registreer waarna ’n tydperk vir hul insette toegestaan sal word.

“Die omgewingsevalueringspraktisyn sal enige bekommernisse of kommentaar van geregistreerde belangstellende en geraakte partye ontvang.

“Alle terugvoering van die aanvanklike openbare konsultasieproses sal in die bestekopnameverslag (scoping report) ingesluit word,” lui die verslag.

Daarna sal die verwysingsraamwerk vir die impakbeoordeling gefinaliseer word en aan die kantoor van die omgewingskommissaris vir goedkeuring voorgelê word .

Die omvang- en impakbeoordelingsverslag sal dan opgestel en aan die geregistreerde belangstellende en geraakte partye beskikbaar gestel word vir kommentaar voordat dit aan die relevante owerhede voorgelê sal word.

Die omvang-afdeling van die verslag sal glo ’n beskrywing van die projek en die biofisiese en sosioëkonomiese omgewings, die spesialis-basislynstudies (indien enige) en die belanghebbende-betrokkenheidsverslag bevat.

Die impakbeoordelingsafdeling sal ECC se ESIA-metodologie insluit, asook ’n bespreking oor die potensiële impak wat geïdentifiseer is, ’n evaluering van die impakgraderings en die bestuurs- en versagtingsmaatreëls om die impak te minimaliseer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 24° Rundu: 19° | 20° Eenhana: 16° | 19° Oshakati: 17° | 21° Ruacana: 15° | 19° Tsumeb: 19° | 25° Otjiwarongo: 18° | 28° Omaruru: 18° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 32° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 33° Mariental: 25° | 33° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 16° | 24° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 23° Mbabane: 17° | 24° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 18° | 23° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 32° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 15° | 30° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 21° Harare: 16° | 25° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84733.17 Up +0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1832.75 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15969.02 Down -0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29619.39 Down -0.37% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10062.3 Up +0.01% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 723.73/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.25/lb DOWN -0.011 | Zinc US$ 2 931.50/T DOWN -1.11% | Brent Crude Oil US$ 79.27/BBP DOWN -0.0085 | Platinum US$ 938.60/OZ DOWN -0.0148 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 24° Rundu: 19° | 20° Eenhana: 16° | 19° Oshakati: 17° | 21° Ruacana: 15° | 19° Tsumeb: 19° | 25° Otjiwarongo: 18° | 28° Omaruru: 18° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 32° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 33° Mariental: 25° | 33° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 16° | 24° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 23° Mbabane: 17° | 24° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 18° | 23° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 32° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 15° | 30° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 21° Harare: 16° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84733.17 Up +0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1832.75 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15969.02 Down -0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29619.39 Down -0.37% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10062.3 Up +0.01% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 723.73/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.25/lb DOWN -0.011 | Zinc US$ 2 931.50/T DOWN -1.11% | Brent Crude Oil US$ 79.27/BBP DOWN -0.0085 | Platinum US$ 938.60/OZ DOWN -0.0148