Die Hardapdam is tans 5,7% vol. Foto argief
Die Hardapdam is tans 5,7% vol. Foto argief

Hardapdam: Water genoeg vir Mariental regdeur 2025

Ellanie Smit
Water in die Hardapdam is genoeg om inwoners van Mariental regdeur 2025 van drinkwater te voorsien, al was daar vandeesweek wateronderbrekings.

Dít het die uitvoerende hoof van die munisipaliteit van Mariental, Paul Nghiwilepo, gister in ’n verklaring gesê. Hy het ook bevestig dat watertoevoer ten volle na die Suide-dorp herstel is ná onderbrekings sedert Woensdag ondervind is.

Nghiwilepo het die onderbrekings toegeskryf aan die uitdagings wat NamWater met die onttrekking van water by die Hardapdam ervaar het. Die dam se vlak het Maandag op 5,7% gestaan.

Die munisipaliteit het tydens die onderbrekings water met tenkwaens in die woonbuurte van Aimablaagte en Empelheim aan diegene in nood voorsien. Water was ook beskikbaar by die Mariental-brandweerstasie.

Volgens Nghiwilepo was die Mariental-reservoir gister om 07:30 64% vol.

“Soos die Mariental-reservoir gedurende die dag voller raak, sal watertoevoer na die gebiede wat steeds sonder water is, herstel word," het hy gesê en bygevoeg dat hulle sal aanhou om water te voorsien aan alle gebiede wat nog nie weer water het nie.

Die munisipaliteit het ook in die verklaring gerugte dat die Hardapdam nie Mariental van water kan voorsien nie, uit die weg geruim.

"Die water wat tans in die Hardapdam beskikbaar is, is genoeg om Mariental deur die jaar 2025 te voorsien."

NamWater het op 31 Oktober die dam se besproeiingswatertoevoer na die Hardapskema gesluit.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° #VALUE! #VALUE!