Hawe-uitbreiding in die pyplyn
Brigitte Weidlich – Die Namibiese haweowerheid, Namport, berei homself en die twee hawens in Walvisbaai en Lüderitz voor vir die komende olie- en gasoplewing deur ruimte en logistieke dienste aan dié bedrywe te verskaf.
Namport se uitvoerende hoof, Andrew Kanime, het onlangs tydens die olie- en gaskonferensie in die hoofstad gesê: “Altesaam 200 hektaar (ha) prima-kusgrond is by Walvisbaai se nuwe Noordhawe geoormerk vir die vestiging van ’n eenstopbestemming op ’n wêreldklas olie- en gasvoorsieningsbasis.”
“Fase een bestaan uit 200 ha grond in Walvisbaai en ’n bykomende 30 tot 50 ha om die ontwikkeling van die Oranjekom en ander projekte te ondersteun,” het hy gesê.
“Alle materiaal wat by die aflandige olievelde benodig word, moet deur ons hawens gaan, insluitend materiaal vir vaartuie wat pypleiding lê, die vervoer van personeel na en van die platforms, toerusting en boorvloeistowwe,” het Kanime gesê.
Ruimte word benodig vir algemene vrag vir verskeie aanlandige bedrywighede, het hy gesê, en aangesien die ontwikkeling van die Kudu-gasveld ook terselfdertyd moet voortgaan, is ruimte in die hawegebied ook vir dié sektor nodig.
MIN RUIMTE IN LüDERTIZ
Volgens Kanime sal Walvisbaai as die hoofhawe dien, aangesien die klipperige terrein die uitbreiding van Lüderitz se hawe sal belemmer.
Die grootte van inkomende skepe word ook beperk weens die feit dat dié hawe slegs 8,75 meter diep is. Dit sal nie kostedoeltreffend wees om die hawe dieper te maak nie, het hy gesê.
Nietemin sal die kleiner hawe in die toekoms steeds ’n belangrike rol speel.
Kanime het kortliks melding gemaak van die regering se planne ten opsigte van die Angra-projek, om ’n diepsee-hawe daar te bou wat hoofsaaklik groen ammoniak sal uitvoer.
Suid-Afrika se minister van elektrisiteit, dr. Kgosientsho Ramokgopa, het Vrydag in Windhoek aangekondig dat Namibië en Suid-Afrika dit oorweeg om Namibië die beplande reuse-hawe by Boegoebaai in die Noord-Kaap – net 20 km van die gemeenskaplike grens by die Oranjeriviermond – te laat gebruik.
Dit sou beteken dat Namibië nie die reusekoste vir sy eie nuwe diepsee-hawe in die gebied hoef aan te gaan nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie