Hoofstad se strate word tot Desember herseël
Jemimah Ndebele- Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) het vandeesweek aangekondig dat van die strate in die hoofstad tot middel Desember herseël sal word.
Geaffekteerde gebiede sal Onafhanklikheidsrylaan insluit – wat strek vanaf die Ausspannplatz-sirkel tot Etnastraat – sowel as die volle lengte van Hosea Kutakorylaan.
In ’n verklaring het die CoW ’n dringende versoek aan bestuurders en voetgangers gerig om versigtig te wees wanneer hulle hierdie strate tydens die geskeduleerde instandhoudingswerk gebruik.
“Weens die aard van die werk en die hoë asfalttemperature wat betrokke is, is dit van kardinale belang om die verkeerstekens, spoedbeperkings en versperrings wat rondom die konstruksiesones geplaas word, streng na te kom,” lui die verklaring.
Bouwerk sal na verwagting op Maandag 14 Augustus begin en sal na verwagting vir etlike maande tot middel Desember voortduur. Die doel van hierdie padwerke is om die algehele gehalte en veiligheid van die geaffekteerde strate te verbeter om ten einde ’n geriefliker ry-ervaring vir almal te verseker, het die munisipaliteit gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie