Indiese vloot besoek Walvisbaai

Kristien Kruger
Die Indiese vloot se nuutste missielfregat, INS Tushil, was op ’n geskiedkundige besoek aan Walvisbaai se hawe.

Die besoek het geduur vanaf 21 tot 23 Januarie en dit is die vyfde Indiese vlootskip wat Namibië in onlangse jare besoek het.

Die INS Tarkash het ook dié hawe in 2017, 2019 en 2022 besoek en die INS Sumedha het verlede jaar in Walvisbaai vasgemeer.

“Met haar aankoms het die INS Tushil ’n hartlike verwelkoming van Namport en verteenwoordigers van die hoëkommissariaat van Indië ontvang,” lui ’n verklaring van die Indiese hoëkommissariaat in Namibië.

Die Indiese vloot se kaptein en bevelvoerder, Peter Varghese, het ook die Namibiese bevelvoerder van vlootoperasies, Erastus Lazarus, vriendelik uitgenooi om bilaterale vlootsamewerking te bespreek en maritieme veiligheid in die streek te versterk.

Die Namibiese vlootspan is ook aan boord van die fregat verwelkom om INS Tushil se gevorderde tegnologie te aanskou.

“Daarbenewens het ’n vergadering met Saara Ndapewoshali Mutondoka, onderburgemeester van Walvisbaai, wedersydse begrip en ’n sterk vennootskap bevorder.”



JOGA EN SPORT

Die tweede dag het ’n joga-sessie, besoeke aan boord, professionele interaksie-sessies en vriendskaplike sportwedstryde ingesluit. Dit was ten doel om eenheid, welstand en samewerking tussen die twee nasies te bevorder.

"Hierdie besoek beklemtoon die belangrikheid wat Indië aan sy betrekkinge met Namibië heg. Indië hoop om bilaterale betrekkinge, veral in die maritieme domein, in Namibië te versterk en sal voortgaan om maritieme diplomasie en samewerking in die streek te bevorder," lui die verklaring.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 23° | 34° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 18° | 24° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 24° | 36° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 17° | 26° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 18° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 34° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 18° | 25° Lilongwe: 18° | 23° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 19° | 30° Durban: 20° | 27° Johannesburg: 16° | 30° Dar es Salaam: 25° | 33° Lusaka: 18° | 22° Harare: 16° | 23° #REF! #REF!