Die strate van Otjiwarongo is besaai met slaggate. Foto verskaf
Die strate van Otjiwarongo is besaai met slaggate. Foto verskaf

Inwoners bekommerd oor slaggate

Enzo Amuele
Inwoners van Otjiwarongo is bekommerd oor slaggate en swak dienslewering van die munisipaliteit.

Volgens een inwoner wat anoniem wou bly, veroorsaak die slaggate onnodige verkeersopeenhopings en ongelukke.

“Ons moet baie stadig ry weens die slaggate wat die gevaar inhou dat iemand jou van agter af kan stamp. Ons betaal hoë munisipale fooie en die paaie word nie herstel nie.”

Sy het bygevoeg die inwoners van Otjiwarongo soek antwoorde van die munisipaliteit oor wanneer die paaie herstel sal word, omdat die slaggate gevaarlik en onaanvaarbaar is.

Die uitvoerende hoofbeampte van die dorp, mnr. Moses Matyayi, het gesê die inwoners se klagtes oor die paaiesituasie is geldig en geregverdig.

“Ons ontvang tans baie reën en dus word die paaie daardeur benadeel, maar nou is nie die regte tyd om die paaie te herstel nie. Ons sal dit is somer doen wanneer ons die slaggate kan toe pleister.”

Hy het bygevoeg hulle maak in die huidige situasie klein slaggate met gruis toe en gee dadelik aandag aan groot slaggate.

“Dis ongerief wat ons vir eers moet verduur totdat die reënseisoen verby is, maar ons is besig om die situasie tydelik reg te stel,” sê hy.

Volgens Fearika Botha, raadslid van die Independent Patriot of Change (IPC), het die paaie van Otjiwarongo weens die onvoldoende begrotingsvoorsiening vir padinstandhouding in die verlede deur vorige rade in ’n toestand verval waar herstel nie ter sprake is nie, en vervanging en herbou van paaie moet nou oorweeg word.

“Met die finansiële druk van die ekonomiese afwaartse spiraal, Covid-19 en die toename in die werkloosheidsyfer, sal die reeds sukkelende kontantvloei van die Otjiwarongo munisipale raad onder selfs meer druk wees om die padsituasie in Otjiwarongo reg te stel,” het sy gesê.

Botha het ook bygevoeg die dorpsraad sal moet oorweeg om hande te vat met sakelui in Otjiwarongo om sake so gou as moontlik te probeer regstel, andersins sal dit baie lank neem vir die raad om aandag te gee aan die paaie soos dit nodig is.

SWAK DIENSLEWERING

Inwoners het ook kommer uitgespreek oor swak dienslewering en gesê toppersoneel dien nie die publiek nie, aangesien hulle voortdurend in vergaderings en onbeskikbaar is.

“Ons betaal getrou ons belasting en eis om te weet waarvoor die geld gebruik word, want ons dorp val uitmekaar en die munisipaliteit doen niks daaraan nie,” sê die inwoners.

Die inwoners eis ook om te weet hoekom hoogs betaalde ingenieurs en gekwalifiseerde mense in diens van die munisipaliteit is.

“Die munisipaliteit beweer hulle het nie geld om die paaie te herstel nie. Waarom dan hierdie hoogs betaalde en gekwalifiseerde persone in diens neem? Hul salarisse kan gebruik word om die paaie te herstel en vaardige professionele persone kan eerder deur die munisipaliteit gehuur word wanneer dit nodig is,” het hulle gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!