Kragkabels ondergronds 'gebêre' om krag te steel

Grootmaattarief met 8% verhoog
Inwoners wat krag onwettig herlei, kan reuseboetes opgelê word.
Rita Kakelo
Inwoners wat onwettig krag aan ander huise verskaf deur kragmeters te manipuleer of daarmee te peuter, verleng kabels sowat 100 meter ondergronds met kabelverbindings, en bereik sodoende huise wat tipies 300 tot 400 meter verder geleë is. Die herlei van elektrisiteit wat die onwettige manipulering van kragmeters behels, stel inwoners in staat om akkurate registrasie van kragverbruik vermy. ‘n Bejaarde inwoner van Windhoek se Dolam-nedersetting wat verkies om anoniem te bly, sê hy het verlede jaar in November ‘n boete van N$18 000 gekry, nadat hy met die kragmeter gepeuter het. Sy krag is afgesny en kon net weer herstel word, nadat hy die onwettige verbinding verwyder en sy rekening betaal het. Hy het emosioneel gesê hy is ‘n pensioenaris en al sy kinders is werkloos.

“Ons het dit gedoen omdat ons finansieel swaar trek. Krag is duur en dit is ‘n basiese behoefte wat ons sukkel om te kan bekostig,” het hy gesê.

Die elektrisiteitsbeheerraad (ECB) het onlangs sy besluit aangekondig om die nasionale kragvoorsiener (NamPower) se grootmaattarief met 8% te verhoog. Die aanpassing verhoog die gemiddelde tarief van die huidige goedgekeurde tarief van N$ 1,98 per kWh tot N$ 2,144 per kWh vir die tydperk 2024/2025.

Volgens Stad Windhoek se woordvoerder Harold Akwenye is die munisipaliteit bewus van die finansiële struikelblokke wat sommige inwoners ervaar. Akwenye sê dit word aangespreek deur programme vir kragdoeltreffendheid, inisiatiewe vir die vermindering van verbruik asook om gemeenskappe te betrek by die veilige en wettige gebruik van elektrisiteit. Volgens Akwenye gebruik sommige inwoners toestelle wat nie goedgekeur is nie om krag direk te herlei en wat hulle in staat stel om krag te gebruik sonder dat dit akkuraat weerspieël word.

Algemene metodes om kragmeters te herlei, sluit in ‘n direkte aansluiting waar drade direk van die hoof kragvoorsiener loop om krag te voorsien en sodoende kragmeter totaal omseil. Die ander metode sluit in om die meter fisies te verander deur die seël te breek en sodoende die interne meganismes te manipuleer.

Die hoofstad verloor hierdeur miljoene in inkomste weens kragverbruik wat nie op ‘n rekening aangeteken is nie, verhoogde bedryfskoste weens die behoefte vir bykomende bronne vir die opspoor en ondersoek van die onwettige bedrywighede, asook druk op die stelsel weens onwettige aansluitings wat oorlading veroorsaak en infrastruktuur beskadig. Laasgenoemde lei weer tot hoër onderhoud- en herstelkoste.

Volgens Akwenye het die munisipaliteit verskeie metodes tot sy beskikking om die onwettige aansluitings en herlei van krag te takel. Dit sluit gereelde inspeksies met geskeduleerde meterlesings deur opgeleide personeel, die implementering van gesplete voorafbetaalde kragmeters wat ontwerp is om ongereelde verbruikspatrone en potensiële herleiding op te tel, die ontleding van verbruikersdata om onreelmatighede op te spoor, sowel as die onderhoud en handhaaf van aanmeldstelsels wat inwoners aanmoedig om naamloos enige verdagte aktiwiteite aan te meld.

Inwoners wat hulle aan die bogenoemde onwettige aktiwiteite skuldig maak, kan ‘n boete kry wat die boete vir kragdiefstal, asook die verhaling van koste vir skade en verbruik en die onmiddellike afsny van elektriese dienste insluit. Sou die persoon skuldig is, sal hy of sy ook ‘n kriminele rekord hê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!