Die inwoners van blokke een tot sewe van die Eie Risiko-nedersetting by die gemeenskapsvergadering. Foto verskaf
Die inwoners van blokke een tot sewe van die Eie Risiko-nedersetting by die gemeenskapsvergadering. Foto verskaf

Lae-inkomste-inwoners van Otji moet huur betaal

Meeste kan ‘lae fooie’ bekostig
Die betalings wat van dié woongebiede ingevorder word, sal vir die opgradering en ontwikkeling van die informele nedersettings en dorpsraadbedrywighede aangewend word.
Desiree Gases op Otjiwarongo
Die munisipaliteit van Otjiwarongo het aangekondig inwoners van informele nedersettings sal voortaan huurgeld moet betaal.

Hierdie stap word glo genoodsaak deur die behoefte om basiese dienste aan hierdie gebiede te verskaf en omdat geld hiervoor benodig word.

Uit die betalings wat van dié woongebiede ingevorder word, sal 60% vir die opgradering en ontwikkeling van die informele nedersettings aangewend word, en 40% vir dorpsraadbedrywighede.

Die huurooreenkoms is van toepassing op inwoners van al nege informele nedersettings van die dorp.

Die aankondiging is tydens ’n gemeenskapsvergadering op 11 Junie gemaak, waar inwoners van blokke 1 tot 7 van die Eie Risiko-nedersetting toegespreek is.

Die strategiese uitvoerende beampte van gemeenskapsontwikkelingsdienste, mnr. Erikson Mwayekange; voorsitter van die bestuurskomitee, mnr. Godhard Hoko en adjunkburgemeester Julienda Kampungu was by die vergadering teenwoordig.

Die munisipaliteit het ’n konsep bekend as die versnelde grondleweringsproses (ALDP) geïnisieer en is in die proses om dit te implementeer. Hierdie konsep is gebaseer op die beginsels van parallelisme in die grondleweringsproses en kombineer verskillende programme, insluitend ’n buigsame grondbesitstelsel.

’n Sosioëkonomiese opname gebaseer op hierdie benadering om grondgrypery hok te slaan en grondlewering te bespoedig, is gedoen en deur die munisipaliteit aanvaar. Die opname het bevind die meerderheid van die broodwinners in informele nedersettings verdien ’n maandelikse inkomste van meer as N$2 000.

Ongeveer die helfte van Eie Risiko se inwonersgetal val onder hierdie inkomstekategorie, asook 86% van die inwoners van uitbreiding 3 van die informele nedersetting DRC.

Bekostigbaarheid is oorweeg en navorsing toon dat die inwoners in ’n posisie is om ’n lae fooi te betaal. Een bevinding was byvoorbeeld dat inwoners van Eie Risiko (blok 1, 2, 3, 4, 5) ’n maandelikse huurfooi van N$150 kan betaal.

Me. Julia Seibes, ’n inwoner van dié gebied, het gesê: “Om te hoor van die maandelikse huurfooi is nie die beste nuus nie, maar die wete dat dit sal bydra tot die implementering van basiese dienste in ons gemeenskap gee ons hoop”.

Bepalings van die huurooreenkoms sluit in dat geen permanente strukture sonder die raad se toestemming en goedkeuring opgerig mag word nie.

Mwayekange het gesê: “As jy die kontant het, kan jy op jou eie bou mits jy ’n bouplan by die munisipaliteit indien, en bouplanne moet goedgekeur word.”

Ander voorwaardes sluit in geen verhuring of onderverhuring van grond aan ’n derde party nie; geen voorbehoud van grond deur ’n natuurlike- of regspersoon nie; en geen uitvoering van sakebedrywighede of enige bedrywighede wat onder nie-residensiële kategorieë val, mag op residensiële gesoneerde erwe uitgevoer word sonder munisipale goedkeuring nie.

Die betaaldatum is die 15de van elke maand en huurders wat meer as twee maande versuim om te betaal, verbeur outomaties die grond aan die munisipaliteit sonder vooraf kennisgewing.

Verder is dit verbode om ’n erf te verkoop wat by wyse van die huurkontrak in ’n informele nedersetting beset is, en geen vee mag op die eiendom aangehou word nie.

Otjiwarongo se informele nedersettings bestaan uit net meer as 4 700 huishoudings versprei oor nege woongebiede/uitbreidings – waarvan die grootste Eie Risiko met 1 466 huishoudings is.

Die uitbreiding van informele nedersettings weerspieël die kritieke tekort aan bekostigbare behuising in die dorp.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 24° Rundu: 20° | 24° Eenhana: 19° | 26° Oshakati: 20° | 25° Ruacana: 17° | 24° Tsumeb: 19° | 22° Otjiwarongo: 17° | 21° Omaruru: 19° | 22° Windhoek: 18° | 27° Gobabis: 19° | 24° Henties Bay: 19° | 23° Wind speed: 24km/h, Wind direction: W, Low tide: 10:12, High tide: 04:14, Low Tide: 22:17, High tide: 16:25 Swakopmund: 18° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: NW, Low tide: 10:10, High tide: 04:12, Low Tide: 22:15, High tide: 16:23 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: NW, Low tide: 10:10, High tide: 04:11, Low Tide: 22:15, High tide: 16:22 Rehoboth: 21° | 29° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 27° | 36° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 26° | 39° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 19° | 28° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 15° | 30° Antananarivo: 18° | 25° Lilongwe: 18° | 28° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 18° | 27° Cape Town: 17° | 22° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 17° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 26° Harare: 17° | 26° Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.33 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 135.06 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 50.58 | USD to KES 129.21 | USD to NGN 1503.3 | USD to ZAR 18.54 | USD to ZMW 28.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 87841.44 Down -0.11% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.17 Up +0.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16397.54 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29997.11 Up +1.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 918.13/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.76/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 847.40/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 75.42/BBP UP +0.12% | Platinum US$ 1 034.78/OZ DOWN -0.0023 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 24° Rundu: 20° | 24° Eenhana: 19° | 26° Oshakati: 20° | 25° Ruacana: 17° | 24° Tsumeb: 19° | 22° Otjiwarongo: 17° | 21° Omaruru: 19° | 22° Windhoek: 18° | 27° Gobabis: 19° | 24° Henties Bay: 19° | 23° Wind speed: 24km/h, Wind direction: W, Low tide: 10:12, High tide: 04:14, Low Tide: 22:17, High tide: 16:25 Swakopmund: 18° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: NW, Low tide: 10:10, High tide: 04:12, Low Tide: 22:15, High tide: 16:23 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: NW, Low tide: 10:10, High tide: 04:11, Low Tide: 22:15, High tide: 16:22 Rehoboth: 21° | 29° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 27° | 36° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 26° | 39° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 19° | 28° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 15° | 30° Antananarivo: 18° | 25° Lilongwe: 18° | 28° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 18° | 27° Cape Town: 17° | 22° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 17° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 26° Harare: 17° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.33 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 135.06 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 50.58 | USD to KES 129.21 | USD to NGN 1503.3 | USD to ZAR 18.54 | USD to ZMW 28.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 87841.44 Down -0.11% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.17 Up +0.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16397.54 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29997.11 Up +1.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 918.13/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.76/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 847.40/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 75.42/BBP UP +0.12% | Platinum US$ 1 034.78/OZ DOWN -0.0023