Landelike gemeenskappe 'gestrand'
Landelike gemeenskappe in Kavango-Oos, Kavango-Wes en Zambezi is gefrustreerd oor die gebrek aan verbindings- en toevoerpaaie in hul streke en sê die regering neem nie hul behoeftes in ag nie.
’n Verslag van die staande komitee oor vervoer, infrastruktuur en behuising verwys na die Imukusi-gemeenskap in Zambezi, wat sowat 15 km van Katima Mulilo woon.
Dié gemeenskap het geen pad wat dit met die hoofpad verbind nie en maak staat op tydelike paaie wat deur inwoners self of plaaslike lodge-eienaars langs Namwi-eiland en die Zambezirivier gebou is.
Hierdie paaie is sanderig, ongelyk en onbegaanbaar gedurende die reënseisoen wat dit moeilik vir kwesbare inwoners maak om toegang tot noodsaaklike dienste te kry. Inwoners is ook ontevrede oor die gebrek aan ‘n toegangspad wat die Imukusi Gekombineerde Skool en ander gemeenskapsgebiede met die hoofpad verbind.
Volgens hulle belemmer die gebrek aan ordentlike paaie ekonomiese bedrywighede soos visvang en die vervoer van produkte na markte.
Die gemeenskap het tydens ’n besoek van die staande komitee in September verlede jaar gesê tydens vloede is inwoners heeltemal van die buitewêreld afgesny, wat hulle geïsoleer laat en bevraagteken of hulle deel van Namibië is.
Gedurende die vloedseisoen is toegang tot gesondheidsgeriewe soos die staatshospitaal en nabygeleë gemeenskappe byna onmoontlik.
Kavango-Wes se goewerneur, Sirkka Ausika, het tydens die komitee se besoek die behoefte vir die ontwikkeling van paaie in die streek beklemtoon en veral toegangspaaie wat gemeenskappe met hoofpaaie verbind. Hy het verwys na die Charlie Cutline-pad wat, met voltooiing, juis dié doel sal dien.
Luidens die verslag is die laaste gruispadprojek – die Kamupupu-pad van 38 km – in 2008 voltooi, terwyl die laaste teerpad – Mpungu-Tsintsabis-Tsumeb – in 2013 voltooi is.
Die konstruksie van die Charlie Cutline-pad van 40 km het meer as twee jaar gelede in Junie 2022 begin. ’n Prioriteitslys vir padprojekte is ook in 2018 by die ministerie van werke en vervoer en die Paaieowerheid ingedien.
In die verafgeleë gemeenskap van Mankumpi is inwoners van Rundu afhanklik vir noodsaaklike dienste, met die gebrek aan ’n voldoende padinfrastruktuur wat toegang tot skole en klinieke ernstig belemmer.
Hoewel daar hoop is vir die voltooiing van die Charlie Cutline-pad, sê inwoners die meeste paaie is sanderig en net deur viertrekvoertuie begaanbaar.
Kavango-Oos se voorsitter van die streekraad,
Damian Maghambayi, het namens goewerneur
Bonifatius Wakudumo gesê die streek het net die Trans-Caprivi-hoofweg wat hoofsaaklik dien as ’n korridor om die kus en buurlande te verbind.
Volgens Maghambayi sukkel veral boere om hul goedere te vervoer.
“'n Vergelykende studie het getoon dat Kavango-Oos agter ander streke is wat padinfrastruktuur betref. Hulpbronne is nodig om ekonomiese groei deur padverbindings te bevorder,” het hy gesê.
Die Rundu-dorpsraad het op sy beurt gesê informele nedersettings soos Kaisosi, Kehemu, Ndama en Sauyemwa het nie ordentlike paaie nie, met die meeste roetes wat met sand gevul word en wat nie na gruispaaie opgegradeer kan word nie weens ’n gebrek aan finansiering.
Die raad het kritieke paaie geïdentifiseer wat aandag nodig het teen ’n geraamde koste van N$87 miljoen.
Die raad is egter afhanklik van beperkte inkomste wat intern gegenereer word. Eerder as om met verdere studies te begin, is onmiddellike finansiering nodig om paaie te bou wat toegang verbeter, beleggings lok en werksgeleenthede skep.
Weens beperkte begrotingstoekennings van die Padfondsadministrasie (RFA) wat uitsluitlik vir instandhouding is, stel die raad voor dat padgebruikersheffings herlei word na plaaslike owerhede wat vir die konstruksie van paaie in dorpe verantwoordelik is.
Die staande komitee, vergesel deur Rundu se burgemeester, Gabriel Kanyanga, het bogenoemde uitdagings eerstehands ervaar toe hul voertuie in die sanderige terrein van die Ndama-nedersetting vasgeval het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie