Lüderitz bars uit sy nate

Gebrek aan doeltreffende planne
Die adjunkminister van visserye het verlede week in die parlement gesê die regering kan nie langer wag om die uitdagings op Lüderitz te takel nie.
Tanja Bause
Jemima Beukes – In lig van die groenwaterstofprojek en die onlangse olievondse langs die Namibiese kus, het die adjunkminister van visserye en mariene hulpbronne, Sylvia Makgone, haar kommer uitgespreek oor die beweerde gebrek aan beplanning vir behuising en die diens van grond op Lüderitz.

Sy het verlede week in die parlement gesê die regering kan nie langer wag om die kwessies te takel nie, aangesien die dorp reeds oorval word met mense wat potensiële geleenthede wil benut. Skole is glo oorvol met die toestroming van mense.

“Almal wat hier staan, praat oor groenwaterstof, olie en gas en ons weet dit sal op Lüderitz wees en ons beplan nie hoe dit hier gaan kom nie.

“Die diens van grond, die topografie van Lüderitz is iets anders; dit is harde rots. Daar is ’n behuisingstekort en mense het reeds na Lüderitz begin stroom. TotalEnergies is reeds daar en die skole is oorvol, so dit is nie ’n kwessie van môre nie. Dit gebeur reeds. Minister van finansies, iets moet nou gebeur, ons het nie tyd nie,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling kan niks doen om dié uitdagings te takel as die geld nie aan dié ministerie bewillig word nie.

Hilaria Mukapuli, ’n Swapo-lid, het met Makgone saamgestem oor die kritieke behuisingstekort en bygevoeg die topografiese ligging van die dorp maak dit ’n meer uitdagende kwessie.

“Ek is nie seker hoe die finansies onder die plaaslike owerhede versprei word en waarna gekyk word nie, want as ek een erf moet diens, sal dit N$120 000 kos teenoor ’n munisipaliteit soos byvoorbeeld Keetmanshoop wat dalk N$30 000 sal benodig. Jy moet ’n hamerboor en petrol gebruik; dit is ’n uitdaging om een erf te diens,” het sy gesê.

Erastus Uutoni, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, het verlede week N$1,8 miljard vir hierdie boekjaar aangevra. Altesaam N$487 miljoen is vir plaaslike owerhede, streekrade en ander rolspelers geoormerk om kapitaalprojekte vir die bou van basiese munisipale infrastruktuur en dienste te implementeer, asook vir die opgradering van die voorsiening van behuising, sekerheid om grond te besit en verbeterde sanitasie.

Die grootste deel van die begroting, N$1,1 miljard, is geoormerk om die operasionele en openbare diensleweringskapasiteit van streekrade en plaaslike owerhede sowel as erkende tradisionele owerhede te subsidieer en te ondersteun.

Met betrekking tot die Lüderitz-krisis het Uutoni gesê hulle word gedwing om die grond in dorpe en nedersettings asook hoe finansiering aangewys sal word om te verseker dat dienste volhoubaar gelewer word, te evalueer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 47.96 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A