Mangatdeksels kos CoW byna ‘n miljoen
Windhoekers gemaan om 'versigtig te trap'
Die munisipaliteit sal voortaan mangatdeksels van polimeerbeton installeer om te voorkom dat dit gesteel en vir skrootmetaal verkoop word.
Die munisipaliteit van Windhoek (CoW) moes tussen Januarie verlede jaar en Januarie vanjaar bykans N$800 000 opdok om 147 vermiste mangatdeksels, wat vermoedelik gesteel is, te vervang.
Volgens die woordvoerder van die munisipaliteit, me. Lydia Amutenya, sal nóg 87 mangatdeksels wat skynbaar regoor die hoofstad voete gekry het, die CoW ‘n bykomende N$43 500 uit die sak jaag.
“Die neiging van mangatdiefstal neem toe en is ‘n rede tot kommer in Windhoek. Die syfers wat ons tans het, kan moontlik die hoogste op rekord wees,” het Amutenya gesê.
Sy het verduidelik die munisipaliteit sal voortaan mangatdeksels van polimeer-beton installeer om te voorkom dat dit gesteel en vir skrootmetaal verkoop word.
Sy het inwoners ook gewaarsku teen ‘n ander diefstalneiging wat in die hoofstad kop uitsteek: “Ons het onlangs ook agtergekom dat huisnommers in residensiële areas verdwyn. Ongelukkig is die mense wat die mangatdeksels en huisnommers koop ook diewe wat ‘n hand het in die diefstal van belangrike komponente van die dienste wat die Windhoek-munisipaliteit lewer. Niemand sou hierdie items gesteel het as daar nie ‘n mark daarvoor was nie.”
Amutenya het stadsinwoners ook gemaan om versigtig te loop. “Inwoners moet uitkyk vir die vermiste mangatdeksels wat nog nie onder ons aandag gebring is nie en dit by die munisipaliteit aanmeld.”
‘n Skroothandelaar van Windhoek wat anoniem wou bly, het gesê mangatdeksels is nie moeilik is om uit te ken nie, al word dit in stukke gebreek. Hy het egter verduidelik die situasie rondom huisnommers is effens meer ingewikkeld. “Ons aanvaar glad nie mangatdeksels by ons nie, maar huisnommers is moeilik. Baie mense doen opknappings aan eiendomme en wil dan die nommers vir skrootmetaal verkoop - dit is nie altyd gesteel nie. Wat baie mense ook nou doen is om dit in stukke te breek en van die stukke aan skrootwerwe en die ander stukke elders te verkoop.”
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie