Massabehuisingsprojek bekommer Mbumba

22 000 inwoners wag vir huise
Die visepresident het die perseel besoek waar honderde huise wat deel van 'n massabehuisingsprojek uitmaak, jare lank in verskeie stadiums van konstruksie gelaat is.
Adam Hartman
Die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, het Donderdag die perseel van ’n massabehuisingsprojek in Swakopmund besoek waar honderde huise vir jare in verskeie boustadiums gelaat is weens hofgevegte waarby die kontrakteurs betrokke was.

Mnr. Neville Andre, goewerneur van Erongo, me. Ciske Howard-Smith, kiesafdelingsraadslid van Swakopmund en mnr. Alfeus Benjamin, uitvoerende hoof van Swakopmund, het Mbumba vergesel terwyl hy die terrein van halfgeboude en voltooide – maar vervalle en gevandaliseerde - huise geïnspekteer het.

Hoewel Mbumba nie die media toegespreek het nie, het hy aangedui dit is kommerwekkend dat die huise so gelos is terwyl 'n dringende behoefte aan behuising in die dorp bestaan. Hy verstaan ook die howe moet hul werk doen, maar het voorgestel dat die saak na die uitvoerende vlak geëskaleer word.

Die hofsake handel oor kontrakteurs wat na bewering nie die subkontrakteurs vergoed het nie en dit het gelei tot die staking van werk.

Howard-Smith het gesê terwyl dié hofsake sloer, ly die plaaslike mense daaronder aangesien hulle nie huise het nie.

“Hulle bly in plakkershutte en kyk elke dag by hierdie huise in. Hulle stap hier verby en sien die huise wat hier staan en as hulle vra hoekom hulle nie kan intrek nie, trek mense net hul skouers op en sê niks kan daaromtrent gedoen word nie. Dis ’n verskriklike situasie,” het sy gesê.

“Ons moet kyk na beter maniere om die mense te dien as om toe te laat dat kwessies so lank voortduur.”

Benjamin hoop die saak sal binnekort opgelos word, omdat sommige van die huise gereed is vir bewoning. Hy het gesê die munisipaliteit van Swakopmund beplan om die huise voetstoots te verkoop, en die nuwe eienaars toe te laat om dit te herbou.

“Dié projek is belangrik aangesien 22 000 mense in Swakopmund tans op die behuisingswaglys is. Hier is honderde huise en die munisipaliteit is besig om nٕóg 1 300 te bou.”

“Ons hoop die visepresident sal die saak opneem en dat dit so gou as moontlik aandag op nasionale uitvoerende vlak sal geniet,” het Benjamin gesê.

Die massabehuisingsprojek was oudpresident Hifikepunye Pohamba se inisiatief om die land se kritieke behuisingskrisis te takel, met 'n belofte om 148 000 huise teen 2030 te bou.

Sedert die program in 2013 begin is, is slegs ’n klein aantal huise gebou en is dit steeds in verskillende fases van voltooiing oraloor die land. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!