Meer as 150 kry krag

Leandrea Mouers
Karibib het 'n belangrike mylpaal behaal nadat 151 huise in die Harambee-informele nedersetting vir die eerste keer elektrisiteit gekry het. Volgens die dorp se burgemeester Davey van Wyk bring dit hoop en vooruitgang na informele nedersettings.

"Die verskaffing van elektrisiteit gaan nie net oor die verskaffing van krag nie, dit gaan oor die opheffing van ons gemeenskap," het hy gesê.

Van Wyk het die moeilike lewensomstandighede beklemtoon wat baie gesinne weens 'n gebrek aan formele behuising en basiese dienste in die gesig staar.

"Die donker in ons informele nedersettings skep gevare en beklemtoon die dringende behoefte vir verbeterde dienste om die veiligheid en welstand van al ons inwoners en in veral kwesbare kinders te verseker."

Van Wyk het sy dankbaarheid teenoor die ministerie van myne en energie, Erongo RED en

Faradays Electrical and Mechanical uitgespreek en gesê hul toewyding om in die kragbehoeftes van die gemeenskap te voorsien, is "'n baken van hoop in hierdie uitdagende tye".

Volgens ErongoRED se uitvoerende hoof Immanuel Hanabeb het die maatskappy meer as N$500 miljoen in grootmaat opgraderings, substasies en infrastruktuur vir kragvoorsiening oraloor in die streek belê. Tans word gewerk aan die opgradering van Sekelduin in Swakopmund, terwyl dit ook op plaaslike elektrifisering as deel van die Power to the People-inisiatief fokus. Dié projekte hang af van die beskikbaarheid van fondse en met meer as N$550 miljoen wat hiervoor nodig is. Die afgelope dekade het Erongo RED meer as 1 129 huise in 13 nedersettings elektrifiseer. Ten spyte hiervan is meer as 2 500 huise in landelike gebiede steeds sonder krag.

Buiten die kragverspreider se samewerking met die ministerie van myne en energie vir die elektrifisering van 151 huise, is Erongo RED ook betrokke by soortgelyke projekte waar 451 huise teen 'n koste van N$22 miljoen krag sal ontvang.

As deel van die Harambee-projek wat op 11 Januarie afgeskop het, het die kontrakteur

Faraday’s Electrical and Mechanical CC, die elektrifisering van alle huise teen 19 Junie voltooi. Die projek het ook tydelike werk aan plaaslike inwoners verskaf en die installering van voldoende straatligte vir die gemeenskap verseker. Die totale skenking van N$4,5 miljoen van die ministerie van mynwese en energie het gehelp om die 151 huise van krag te voorsien, met 'n besparing van N$829 000 wat nou beskikbaar is vir bykomende verbindings. In samewerking met Karibib se dorpsraad het Erongo RED 29 huise van die Shack Dweller Federation identifiseer om teen 'n beraamde koste van N$645 000 elektrifiseer te word.

Koperdiefstal en skade aan elektriese infrastruktuur is twee van die grootste uitdagings wat die kragverspreider in die gesig staar. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!