Ministerie beplan om Etosha se hoofpaaie te teer
Teen ’n koste van N$160 miljoen
Die omgewingsministerie is glo reeds besig met 'n baie groot projek om hoofsaaklik die pad tussen Okaukuejo in Etosha en die King Nehale-hek tot asfaltstandaard op te gradeer.
Ellanie Smit- Die Etosha Nasionale Park se hoofpaaie sal teen ’n koste van N$160 miljoen geteer word.
Dit weens die toenemende aantal toeriste wat die park besoek en druk op paaie en die instandhouding daarvan plaas.
Pohamba Shifeta, die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, het gesê die ministerie is hard aan die werk om te verseker dat paaie behoorlik gediens word en dat besoekers gerieflik daarop kan ry.
“Ons is reeds besig met ’n groot projek om veral die pad tussen Okaukuejo in Etosha en die King Nehale-hek tot ’n asfaltstandaard op te gradeer.
“Dit beteken ons moet dit laat teer en van daar af sal ons toesien dat ander groot paaie in Etosha almal opgegradeer word.”
Die uitvoerende direkteur in die betrokke ministerie, Theofilus Nghitila, het saamgestem dat die paaie in Etosha gerehabiliteer moet word en gesê dat die statistiek oor toeriste-aankomste die ministerie sal help om seker te maak dat die park se paaie in ’n goeie toestand gehou word.
Namibië het ’n rekordtoename van 98,1% in toeriste-aankomste van 232 756 in 2021 tot 461 027 in 2022 aangeteken. Hierdie syfer dui op ’n herstelvlak van 28,9% vanaf die jaarlikse toeriste-aankomste van 2019.
“Ons moet raaksien dat toeriste terugkeer na baie jare van inperkings. Die volume besoekers wat na Etosha stroom is oorweldigend.” het Nghitila gesê.
“Ons het ons skrapers op die paaie wat probeer om dit in stand te hou en ons soek ook bykomende ondersteuning van die private sektor om die ministerie te help om ons paaie in Etosha te onderhou.”
Hy het bygevoeg benewens die onderhoud van paaie in nasionale parke, is die ministerie ook in gesprek met die Paaieowerheid (RA) met betrekking tot die stuk pad vanaf Walvisbaai na Sesriem.
Die ministerie het vroeër vanjaar gesê hy het tussen Februarie 2019 en Mei 2023 reeds meer as N$136 miljoen belê in die opgradering van paaie wat toeriste in Etosha gebruik.
Shifeta het die toerismesektor verder aangemoedig om volhoubare en slim vennootskappe met plaaslike gemeenskappe en ander strategiese vennote en belanghebbendes te smee. Dit om te verseker dat toerisme inklusiewe, verreikende en langdurige sosioëkonomiese voordele vir maatskaplike en ekonomiese opheffing, indiensneming en skeppings- en sakegeleenthede vir Namibiërs teweegbring.
“Die ministerie doen eweneens ’n beroep op bestuurders van toerismebestemmings, toeroperateurs en alle relevante belanghebbendes om nuwe produkte en dienste, ervarings en pakkette, nuwe roetes en nuwe besienswaardighede te ontwikkel om gaste se ervaring te verbeter, maar ook om die Destination Namibia-inisiatief meer aantreklik vir terugkerende besoekers te maak.”
Hy het gesê Namibië se toerismesektor staan ’n kans om ewe veel voordeel te trek uit geleenthede deur die plaaslike en oorgrensmarkte.
“Dit is dus noodsaaklik om die land se bemarkingspoging ’n hupstoot te gee wat daarop gemik is om die reisbehoefte deur plaaslike inwoners en streekmarkte te verhoog om die robuuste en volhoubare herstel van die toerismesektor te bewerkstellig.”
Die ministerie implementeer ook die herstelplan vir die toerismesektor wat ’n raamwerk vir beleidsingryping en strategiese programme uiteensit om elke stadium van die herstelfase te ondersteun. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie