Die gewone oponthoud van verkeer op die Monte Christo-pad sal binne 20 maande verlig word. Foto lithon.com
Die gewone oponthoud van verkeer op die Monte Christo-pad sal binne 20 maande verlig word. Foto lithon.com

Monte Christo raak Peter Nanyemba

Augetto Graig
Duisende Windhoekers se daaglikse pendel sal drasties verander met die bou van die Peter Nanyemba-rylaan.

Dié herdoopte Monte Christo-pad strek vanaf die hoek by die Van Eck-kragstasie in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied, agter om Katutura en deur meeste van die uitgestrekte nedersettings tot by die splinternuwe Ongos Valley-ontwikkeling.

Die inwydingseremonie vir die uitbreiding van die pad ter waarde van N$381 miljoen is verlede Vrydag gehou.

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni; die uitvoerende hoof van die Padfondsadministrasie (RFA), Ali Ipinge; die adjunkburgemeester, Magdelena Lombardt; die uitvoerende hoof van die regering se pensioenfonds (GIPF), David Nuyoma; die sekretaris van die kabinet, dr. George Simataa; en die voorsitter van Ongos, Reagon Graig, was teenwoordig.

Oor die volgende 20 maande sal die pad in ’n dubbelbaan omskep word.

“Hierdie opgradering sal nie net beter toegang tot Ongos Valley bied en opeenhoping op die pad vermy nie, maar sal ook die sosioëkonomiese ontwikkeling van die hele gemeenskap bevorder,” sê Graig.

Met die eerste inwoners wat na verwagting in Junie by Ongos sal intrek, merk dit die begin van ’n nuwe era vir Windhoek, sê hy.

Iipinge het uitgebrei en gesê die totale koste van die pad - insluitend die verkeersligte, straatligte, sypaadjies en toekomstige busbane, sal saam met die uitgawes om inwoners te verskuif en om ’n nuwe mark te bou - altesaam op sowat N$381 miljoen te staan kom, met kapitaalkoste uitgesluit.

“Die RFA is tevrede om te sien die aanvanklike finansiering van die projek is deur die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN) en die tweede Namibië infrastruktuurfonds (NIF2) opgeneem, wat die RFA teen die voltooiing van die bouwerk terug sal betaal,” sê Iipinge.

Uutoni sê die regering besef die ontwikkeling van infrastruktuur bevorder ekonomiese groei en maatskaplike vooruitgang en dra by tot mededingendheid en belegging.

“Ons besef om beter toegang tot paaie te hê, is ’n kernfaktor om inwoners se lewensgehalte te verbeter en vir besighede, en ons glo dié projek sal ’n lang pad gaan om hierdie doelwit te bereik,” het hy gesê.

Die Ongos Valley-ontwikkeling is die grootste woonbuurt-ontwikkeling in Namibië waar beoog word om 28 000 huise oor die volgende 20 jaar te bou.

Die eerste fase behels die bou van 4 500 huise, waarvoor 14 000 werknemers in diens geneem sal word, en waardeur Windhoek se landskap verander sal word.

Toegang tot grootmaatdienste - deur die gebruik van die eiland tussen die twee dubbelbaanpaaie - sal grootliks na omliggende nedersettings vergemaklik word, volgens die ontwikkelaars.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 29° Ruacana: 21° | 28° Tsumeb: 20° | 29° Otjiwarongo: 21° | 26° Omaruru: 22° | 31° Windhoek: 21° | 26° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 23° | 30° Mariental: 25° | 30° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 24° | 32° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 23° | 29° Oranjemund: 15° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 26° Maputo: 24° | 33° Windhoek: 21° | 26° Cape Town: 18° | 24° Durban: 21° | 29° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!