MTC verdedig biometriese data
Bo verdenking
Die gebruik van biometriese data is 'n daadwerklike poging om kliënte te beskerm.
Ogone Tlhage - Die mobiele telekommunikasie-maatskappy MTC sê sy besluit om die biometriese data van sy kliënte te gebruik, is bo verdenking en 'n daadwerklike poging om kliënte teen bedrog te beskerm.
"MTC het daarom die besluit geneem om die program VERIFI as 'n verkoopsvoorwaarde vir al sy dienste te gebruik ter beskerming van sy eie sake, in afwagting van waarheen die besigheid beweeg en die belangrikste vir die beskerming van sy kliënte," sê die maatskappy.
Volgens die maatskappy was sy kliënte voorheen die slagoffers van bedrog, daarom die behoefte vir die ekstra stap. Die registrasieproses sal bekend staan as VERIFI en gebruik word vir die akkurate registrasie van simkaarte. Dit sal ook die risiko verminder vir vals identifikasie tydens die registrasieproses van die simkaart.
"MTC is voorheen bedrieg deur kliënte wat vals identifikasiedokumente voorlê. Dit kan deur VERIFI verhoed word. 'n Toename van 80% in bedrieglike voorvalle is reeds tydens die instelling van simregistrasie waargeneem, omdat kliënte nie meer simkaarte kan koop, sonder om dit te registreer nie." Volgens die maatskappy is biometriese data 'n aanvaarde norm in ander lande op die vasteland.
"Afrikalande soos Lesotho, Ghana en Tanzanië is 'n paar wat regulasies gepubliseer het wat biometriese registrasie vir die registrasie van simkaarte vereis.
Suid-Afrika se kommunikasie-reguleerder het met die proses begin om dit ook deel van dié land se registrasieproses te maak.
"Die insameling van biometriese data in Namibië is 'n proses wat in plek was by sommige van die mediesefondse, versekering asook die finansiële bedryf. MTC is nie die eerste en beslis nie die enigste maatskappy wat in hierdie rigting beweeg nie. Ander maatskappye gebruik dit ook om opdragte te verwerk en as deel van die registrasie van hul kliënte."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie