Mutorwa gee pas aan met spoorwegtender
Belê dringende raadsvergadering, sê minister
Die werkers het TransNamib gewaarsku om nie die kontrak aan Grindrod Rail te gee nie en sê onlangse vennootskappe met die maatskappy het 'totale mislukking' tot gevolg gehad, benewens ontsporings en ongelukke.
Jemima Beukes – Die minister van werke en vervoer, John Mutorwa, het die TransNamib-direksie opdrag gegee om die beweerde plan te bespreek om Grindrod Rail – onder leiding van die maatskappy se voormalige uitvoerende hoof, Johny Smith – ten volle en gratis toegang tot die gebruik van die Ariamsvlei-Lüderitz-spoorlyn te gee.
Dit volg op die Namibiese Unie vir Vervoer- en Verwante Werkers (Natau) se pleidooi aan die minister om TransNamib se tenderproses by wyse van ’n uitnodiging vir kennisgewings van belangstelling vir die gebruik van die spoorlyn vanaf Ariamsvlei na die Lüderitz-hawe vir die volgende vyf jaar, stop te sit.
In ’n brief gedateer 18 Augustus het die vakbond die minister gevra om teen 21 Augustus op hulle versoek te reageer.
Mutorwa het die Natau-brief op 18 Augustus aan TransNamib se voorsitter, Theo Mberirua, gestuur en verskeie kwessies uitgelig wat in die brief aangeroer is en ’n verduideliking geëis.
“Ek adviseer en gee die direksie en bestuur opdrag om ’n dringende raadsvergadering te belê. Bespreek die inhoud van die brief, tree in gesprek met Natau en reageer skriftelik direk aan Natau. Gee my ’n afskrif van die TransNamib-direksie se geskrewe antwoorde daarna. Dankie.”
‘GEORKESTREERDE PLAN’
Die werkers het TransNamib gewaarsku om nie die kontrak aan Grindrod Rail te gee nie en sê onlangse vennootskappe met die maatskappy het “totale mislukking” tot gevolg gehad, benewens ontsporings en ongelukke.
“Dit is ’n georkestreerde plan wat ons as werknemers en as vakbond afgeraai het. Ons het aangeraai dat TransNamib lokomotiewe huur sodat ons die vrag van Ariamsvlei na die Lüderitz-hawe kan vervoer om die broodnodige inkomste te genereer om die maatskappy aan die gang te hou, pleks daarvan dat Grindrod Rail die spoorlyn gratis gebruik soos dit tans die geval is,” het Narina Pollmann, die waarnemende sekretaris-generaal van Natau, geskryf.
Sy het verder bevraagteken waarom Grindrod Rail na bewering weier om weer te onderhandel oor die huidige “ongunstige ooreenkoms” en het aangevoer dat dit gelykstaande is aan die vervreemding van ’n deel van die nasionale spoorweginfrastruktuur.
WINSGEWENDE GELEENTHEID
Natau hou vol dat die ooreenkoms tot TransNamib se ineenstorting sal lei, asook massiewe werkverliese en die onvermoë om sy huidige staatswaarborg vir broodnodige rollende materiaal en toerusting, insluitend lokomotiewe en waens, terug te betaal.
“Hierdie lyn het die kapasiteit van minstens 150 000 ton per maand vir oorgrensvrag, wat ’n jaarlikse inkomste van N$800 miljoen verteenwoordig en aansienlik meer is as TransNamib se huidige totale jaarlikse inkomste. TransNamib kan wins maak [uit] hierdie lyn as dit reg bestuur word.”
Die tender duur tans tot 20 September en TransNamib onderneem om ’n weegbrug, rolmateriaalinspeksie, treinbeheerstelsels, telekommunikasiedienste – insluitend ’n radiostelsel – en toegang tot grond vir pakhuise by Ariamsvlei en Lüderitz te verskaf. Die prys hiervan sal afsonderlik van die toegangstarief bepaal word.
Daarbenewens sal TransNamib toegang bied tot vulstasies by Keetmanshoop en Aus, saam met opgeleide personeel soos treindrywers, assistente, inspekteurs en rangeerders (shunters).
TransNamib sal spoorinstandhouding, ongelukondersoeke en die nodige goedkeurings dek om binne Namibië werksaam te wees.
HUIWERING OM KOMMENTAAR TE LEWER
Smith het Dinsdag gesê dit is doelbewuste pogings deur mense met kwade bedoelings om sy naam te skend.
Hy het ook gesê Grindrod Rail het nog nie ’n tender ingedien nie, maar het bygevoeg: “Of dit ons maatskappy of enige ander maatskappy is wat ’n bod indien, ons is vry om dit te doen – dit is ’n oop proses. Maar ek kan dit nie bekend maak nie [of hulle ’n tender sal indien].”
Smith het ook ’n beroep op Namibiërs, en veral die media, gedoen om hom met rus te laat en daarop gewys dat hy sy plig by TransNamib uitgevoer het.
“Moenie my in die toekoms bel nie – ek weet nie hoekom mense my nie met rus kan laat nie. Ek gaan dit nie meer hier los nie; die media het baie onwaarhede oor my gepubliseer. Ek voel ek moet ’n regsproses aan die gang sit,” het hy gesê.
Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Namibiese Nasionale Werkersunie (NUNW), ’n instelling wat met Natau geaffilieer is, het gesê hulle sal nog twee dae wag om van TransNamib se direkteure te hoor nadat die sperdatum Maandag verby is.
Mberirua kon nie vir kommentaar bereik word nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie