REHABILITATION: Parts of the Calueque-Oshakati Canal and a new water pipeline for the Oshikuku Bypass are earmarked for rehabilitation.
REHABILITATION: Parts of the Calueque-Oshakati Canal and a new water pipeline for the Oshikuku Bypass are earmarked for rehabilitation.

N$2 miljard vir pad- en waterprojekte

Ooreenkoms reeds onderteken
Altesaam N$373 miljoen is geoormerk vir die rehabilitasie en opgradering van die B2-pad tussen Karibib en Usakos.
Tanja Bause
Ogone Tlhage – Die regering het N$2 miljard se befondsing verseker vir die rehabilitasie van die pad tussen Usakos en Karibib, die opgradering van Windhoek se drinkbare waterherwinningsaanlegte en om die Namibiese Watersektor Ondersteuningsprogram (WSSP) te finansier.

Die finansiering is vandeesweek afgehandel ná die ondertekening van ’n ooreenkoms tussen die minister van finansies, Iipumbu Shiimi, en die Duitse Ontwikkelingsbank (KfW) se streekdirekteur in Namibië, Beatrice Lucke.

Shiimi het tydens die geleentheid gesê hoewel die projekte uit die opbrengs van lenings gefinansier sal word, het dit ten doel om Namibië se produktiewe kapasiteit te verbeter.

“Natuurlik frons mense oor lenings, maar die kwessie om te leen vir ontwikkeling, jy frons oor dit?” het Shiimi gesê.

Lucke het op haar beurt die Duitse regering bedank vir die ontwikkelingsbank se ondersteuning.

“Dit is nogal ’n aansienlike bedrag en ek is trots daarop dat die Duitse regering hierdie fondse verskaf het,” het sy gesê.

DRINKBARE WATERVOORSIENING

’n Konsessielening ter waarde van N$746 miljoen sal help om watervoorsiening aan Namibië se sentrale gebied te verseker deur die bou van ’n tweede direkte drinkbare waterherwinningsaanleg. Daarbenewens is ’n tweede konsessielening ter waarde van N$932 miljoen onderteken om die WSSP te ondersteun.

Van die WSSP-projekte wat sal baat vind, sluit die vervanging van dele van die Omdel-Wlotzkasbaken- en Schwarzekuppe-Swakopmund-pyplyn in, sowel as die rehabilitasie van dele van die Calueque-Oshakati-kanaal en ’n nuwe waterpyplyn vir die Oshikuku-verbypad (bypass) in.

Die program sluit ook die Katima Mulilo-suiweringsaanleg in wat die rehabilitasie en uitbreiding van die bestaande wateronttrekkingstelsel en suiweringsaanleg behels. Dit sal die hoeveelheid water verhoog wat hergebruik kan word, sodat tot 50% van Windhoek se watervoorraad van dié twee direkte drinkbare waterherwinningsaanlegte afkomstig is.

PAD-INFRASTRUKTUUR

Altesaam N$373 miljoen is geoormerk vir die rehabilitasie en opgradering van die B2-pad tussen Karibib en Usakos wat deel vorm van die Trans-Kalahari-korridor en die Walvisbaai-Ndola-Lubumbashi-ontwikkelingspad.

Die gedeelte van 33 kilometer sal herseël en verleng word om verkeersvloei en padveiligheid te verbeter. Konstruksie sal volgens beplanning in die tweede helfte van 2023 begin.

Die Paaieowerheid (RA) en KfW is veral trots daarop om plaaslike maatskappye by die konstruksie in te sluit, wat plaaslike klein- en mediumgrootte ondernemings (SME’s) in staat stel om ten minste 25% van die kontrakbedrag te implementeer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!