N$2,5 m. geoormerk vir Swakop-lughawe
Opgradeer na kategorie C
Die opgradering beoog om toerisme en beleggings in dié kusdorp 'n hupstoot te gee.
Desiree Gases op Swakopmund - Die munisipaliteit van Swakopmund beplan om die dorp se munisipale lughawe op te gradeer.
Dié besluit is by die jaarlikse begrotingsvergadering van 2023-’24 aangekondig en is geneem om doeltreffendheid in terme van reis vir toeriste en die sakegemeenskap te skep.
Die opgradering van aanloopbaan 24 en 17/35 sal na verwagting N$2,5 miljoen kos en sal gelei word deur die munisipaliteit se ingenieursafdeling, onder leiding van Clarence McClune, wat die evalueringsproses sal behartig. Die raad beplan om die vliegveld na ’n kategorie C-lughawe op te gradeer.
Die munisipaliteit se beampte van openbare betrekking, Linda Mupupa, het verduidelik die vliegveld is tans nie geregistreer nie en val nie binne die betrokke wetgewing nie, daarom laat kategorie C onder die wetgewing die huidige bedrywighede toe. Dit sluit in die bedryf van binnelandse en kommersiële vlugte (landskapvlugte).
Die vliegveld is vrygestel ingevolge die ou wetgewing en word dus voorwaardelik toegelaat om kragtens die nuwe wetgewing op te tree. Die voorwaarde is om as ’n kategorie C te registreer.
“Die raad het reeds die plan goedgekeur om die vliegveld na ’n kategorie C-lughawe op te gradeer, wat dit in lyn bring met die Namibiese Wet op Burgerlugvaart (NCAA) en om regulasies te wysig,” het Wilfried Groenewald, ’n raadslid, gesê.
Mupupa het die belangrikheid van die opgradering en modernisering van die lughawe-infrastruktuur beklemtoon. Sy beraam dat die opgradering voorsiening sal maak vir groter vliegtuie, groter vrag en meer passasiers – alles wat toerisme na dié kusdorp en dus moontlike beleggings ’n hupstoot sal gee. Deel van die dorp se strategiese plan is om ’n toeriste- en beleggingsbestemming te word.
“’n Toename in toerisme en beleggings kan ’n aansienlike hupstoot vir die dorp se ekonomiese bedrywighede gee en daardeur ook werksgeleenthede skep. Toerisme is ’n groot bron van werkskepping. Dit het die potensiaal om inwoners van Swakopmund se algemene lewensgehalte te verbeter,” het Mupupa gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie