Namport bly bedrywig
Hanteer 5,6 miljoen metrieke ton in 2023-’24
Namport beoog om vanjaar sy infrastruktuur uit te brei en om die hawekapasiteit te vergroot.
Die Namibiese haweowerheid (Namport) het verlede jaar meer vragvolumes hanteer vergeleke met die vorige jaar.
Die land se hawens by Lüderitz en Walvisbaai het altesaam 5,6 miljoen metrieke ton in- en uitgevoer.
In vergelyking met die vorige boekjaar toon Namport se prestasie vir 2023-’24 ’n 3%-verhoging op die vragvolumes wat in die vorige boekjaar hanteer is. Dit weens 3% meer grootmaat- en losmaat-vragvolumes in vergelyking met die voorafgaande boekjaar. Die prestasie is ten spyte van minder 6 m-vraghouers (1%) wat in dié boekjaar hanteer is, spesifiek 123 563 TEU (twenty foot equivalent unit). Dit is ’n eenheid wat vragskepe en vraghouerhawens help om kapasiteit te bepaal.
Desember 2023 se syfers dui daarop at Namport deur Lüderitz en veral Walvisbaai, 585 395 metrieke ton vrag afgelaai of op skepe gelaai het. Dit is ’n daling van 30% teenoor Desember 2022 se 833 979 metrieke ton.
Dit is weens ’n 40%-vermindering in die vervoer van grootmaat- en losmaat-vragvolumes en minder vraghouers teen 13 227 TEU vergeleke met Desember 2022 se 16 514 TEU.
Nietemin besoek meer skepe die land se hawens met ’n styging van 23%. Gedurende Desember 2023 het 203 vaartuie by Namport se hawens aangedoen, in vergelyking met 165 in Desember 2022.
Verder, vir die tydperk vanaf 1 April tot 31 Desember 2023, het 1 557 skepe by die hawens aangedoen, teenoor 1 183 gedurende dieselfde tydperk die vorige jaar.
“’n Toename in aktiwiteite onder vraghouerskepe, droëmassa-skepe, verkoelingskepe en buitelandse sleepbote het dit hoofsaaklik gedryf.
“Daarbenewens was daar ’n noemenswaardige toename van 24% in vaartuie se bruto tonnemaat, terwyl die verskaffing van loodsdienste aan hierdie vaartuie met 34% toegeneem het, teenoor die ooreenstemmende tydperk in die vorige boekjaar,” brei Taná Pesat, Namport se kommunikasiebestuurder, uit.
Nog ’n positiewe tendens is die groeiende vraag na Namport-dienste vanaf lande in suidelike Afrika se binneland. Botswana, Zambië, Zimbabwe en die Demokratiese Republiek die Kongo maak veral van Walvisbaai gebruik weens die hawe se strategiese ligging, doeltreffende padnetwerke en spoorvervoerkorridors, moderne infrastruktuur, handelsmaatreëls, mededingende pryse, politieke stabiliteit, gediversifiseerde vraghantering, en die potensiaal van die hawe as ’n spilpunt waar vragte oorgelaai kan word.
Vanaf April tot Desember 2023 was Suid-Afrika verantwoordelik vir 42% van die oorgrensmarkaandeel, Zambië vir 30%, Botswana 15%, die DRK 10%, Zimbabwe 3%, Angola 1%, en Malawi ook vir 1%.
In terme van oorgrensvragte se tonnemaat gedurende hierdie nege maande was Suid-Afrika verantwoordelik vir 619 640 ton, Zambië vir 440 754 ton, Zimbabwe 50 906 ton, Angola 11 550 ton, Botswana 216 927 ton, die DRK 142 460 ton, en Malawi vir 10 135 ton. Die totale oorgrens-tonnemaat wat gedurende hierdie tydperk hanteer is, is ongeveer 1 492 589 ton. Die totale uitvoere was 1 046 750 ton, terwyl die totale invoere tot 455 839 ton beloop het.
Vir die komende jaar beoog Namport ’n ambisieuse ontwikkelingsplan, insluitend om die infrastruktuur uit te brei en om die hawekapasiteit te vergroot, deur die hawekanaal dieper en breër te maak om groter skepe te kan akkommodeer, sê sy.
“Ons skerp ook ons inisiatiewe vir digitalisering en outomatisering op om die doeltreffendheid van bedrywighede te verbeter,” sê sy.
Pesat sê Namport is op soek na vennote en samewerkingsgeleenthede om sy streek en internasionale bande te versterk, “om ons as ’n kernrolspeler in die globale maritieme nywerheid te plaas.”
Volgens haar bly Namport toegewyd om handel te fasiliteer, ekonomiese groei te ondersteun en die hoogste standaarde van diens en volhoubaarheid te handhaaf.
“Ons sien uit na nog ’n jaar van vooruitgang en prestasie by die hawe van Walvisbaai,” sê Pesat.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie