NamWater brei uit oor toekomsplanne

Nuwe waterpypleidings landswyd
Die nasionale waterverskaffer worstel steeds om N$2 miljard se skuld in te vorder.
Augetto Graig
Te midde van ’n verwoestende droogte en met skuld van meer as N$2 miljard wat nog ingevorder moet word, veral van plaaslike owerhede, spog die Namibia Water Corporation Ltd (NamWater) steeds met ambisieuse planne en groot projekte vir die toekoms.

Een van die inisiatiewe is om watertoevoer uit die Neckartaldam vir besproeiing vry te stel.

NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, sê die lynministerie het ’n konsultant aangestel om te kyk na die ontwerp van die besproeiingsaanleg en die grond vir die aanleg sal nog bekom word.

“Ons hoop die kontrakteurs kan binnekort op die perseel wees,” sê hy.

Die nasionale watervoorsiener wil onder meer die hele waterpypleidingnetwerk van meer as 4 000 km landswyd oorneem.

“Ons sal verantwoordelik wees vir watervoorsiening vanaf die bron tot by die verbruiker,” sê Nehemia.

Talle pypleidings is steeds onder die direkte beheer van die ministerie van landbou, water en grondhervorming.

NamWater beoog ook om ’n reuse-waterpyplyn vanaf die kus, deur Windhoek en uiteindelik na Botswana te lê.

Dié inisiatief word deur ’n gesamentlike komitee van die twee lande gelei, met die uitvoerende direkteur vir waterwese in die ministerie, dr. Elijah Ngurare, as die voorsitter, voeg Nehemia by.

Dié pyplyn is egter die derde fase van ’n projek wat binnekort moet afskop met die bou van die eerste ontsoutingsaanleg aan die kus, wat deur die Namibiese regering gebou en besit word.

Om te help met finansiering vir die boukoste van die aanleg van tussen N$2,5 miljard en N$3 miljard, gaan NamWater in vennootskap met Husab-uraanmyn se Swakop Uranium wat in Chinese besit is.

Nehemia sê NamWater is ook besig om sy eie fondse in te samel om vir dié nutsmaatskappy se deel van die ontsoutingsprojek te betaal. Hy sê egter dat onderhandelinge in ’n gevorderde stadium is en dat ’n finale finansiële besluit voor die einde van vanjaar verwag kan word.

Wanneer bouwerk na verwagting volgende jaar sal begin, sal dit tussen 18 maande en twee jaar neem om die aanleg te voltooi, sê hy.

Daarna sal die ontsoute water reeds aan myne, groot nywerheidsondernemings en die nabygeleë kusdorpe verskaf word, voor die pypleiding na Windhoek aangelê sal word.

Ander groot projekte waarmee NamWater besig is, sluit in die uitbreiding van die Oshakati-watersuiweringsaanleg wat deur die Afrika-ontwikkelingsbank gefinansier word en nou weer geadverteer word; en die Ohangwena II-boorveldtoevoerskema, waar die kontrakteur op die perseel werk.

Ander projekte sluit in die voortgesette rehabilitasie van die waterkanaal vanaf Calueque na Oshakati, waar die gedeelte van die grens na die Olushandjadam voltooi is en werk voortgaan na Oshakati; ’n suiweringsaanleg op Outapi; en die opgradering van die Olushandja-suiweringsaanleg, waar die kontrak vandeesweek onderteken is en werksaamhede na verwagting volgende week sal begin.

’n Waterbehandelingsaanleg en verwante werke word op Rundu gebou, nadat die sooispitseremonie sowat drie weke gelede gehou is.

“Dit is ook ’n groot projek wat ons reeds uitvoer. Hierdie projek het ten doel om ’n aanleg te bou om die hele Rundu van water te voorsien, maar ook om pypleidings na die Mururani-hek, na Mbagani in die ooste, en ook in die rigting van Nkurenkuru te voorsien,” brei hy uit.

Langs die kus word die pypleiding vanaf die Collector 2-reservoir opgegradeer en bogronds gebou en ’n nuwe reservoir word op Karibib gebou.

Die pypleiding vanaf Kuiseb na Swakopmund word ook vervang, nuwe boorgate word in die Kuiseb-akwifer geboor, terwyl die toevoerstelsel na die Langer Heinrich-myn opgegradeer word.

Die pypleiding vanaf Omdel na Wlotzkasbaken word ook vervang en Nehemia sê die meerderheid van die werk langs die kus is reeds voltooi.

In die Suide word ’n nuwe meesterplan opgestel wat die uitbreiding van die stelsel tussen die Nautedam en Keetmanshoop; die opgradering van die Ariamsvlei-uitbreiding; die opgradering van die Aroab-uitbreiding; en die Grunau- en die Warmbad-uitbreiding se opgradering insluit.

“Ons is landswyd besig. Ons soek al hierdie ou pype uit die grond en ons sit nuwe pype in,” sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.84 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 17° | 36° Rundu: 16° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 16° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 12° | 31° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 12° | 13° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 19° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 14° | 30° Mariental: 13° | 30° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 13° | 32° Lüderitz: 10° | 25° Ariamsvlei: 10° | 23° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 15° | 33° Lubumbashi: 17° | 36° Mbabane: 14° | 32° Maseru: 8° | 25° Antananarivo: 11° | 27° Lilongwe: 18° | 30° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 11° | 14° Durban: 15° | 22° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 19° | 32° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.84 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007