Neckartaldam is propvol
Die Neckartaldam was gister propvol nadat die grootste dam in die land invloei van meer as 70,959 miljoen kubieke meter water per sekonde gehad het. Ook in die Suide, staan die Nautedam volgens NamWater se jongste dambulletin op 85,1% en die Hardapdam het vandeesweek invloei van meer as 4,695 miljoen kubieke meter gehad wat sy vlak na 76,7% opgestoot het. In die sentrale dele loop die Swakoppoortdam steeds oor op sy vlak van 104,4%. Die Von Bachdam is 74,2% vol ná invloei van 4,384 kubieke meter per sekonde en die Omatakodam is tans 79,1% vol. Hendrik Lubbe het die Neckartaldam afgeneem.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie