MAYOR: The mayor of Rundu Gabriel Kanyanga. Photo Nikanor Nangolo
MAYOR: The mayor of Rundu Gabriel Kanyanga. Photo Nikanor Nangolo

Nored 'koloniseer' Rundu

Belegging in dorp minimaal
Sou Rundu se krag deur die dorp self bestuur word, sal dit tot beter koördinering van elektrifiseringsprojekte lei.
Nikanor Nangolo
Burgemeester Gabriel Kanyanga sê ten spyte van dat Rundu krag van Nored koop, bly die kragverspreider se herbelegging in die dorp minimaal. Kanyanga was aan die woord tydens 'n raadgewende vergadering met die Elektrisiteitsbeheerraad van Namibië (ECB) en Nored oor voorgestelde tariewe vir die 2024/2025 finansiële jaar.

"Ons voel asof ons deur Nored gekoloniseer is. Dit is hoogtyd om te verseker dat hierdie praktyk verander en dat die dorp die mag gegee word om soos Oshakati sy eie elektrisiteit te administreer. Ons is in die proses om 'n maatskappy te stig wat Nored in hierdie verband sal verteenwoordig. Natuurlik waardeer ons die skenkers wat dan en wan kontant aan Nored gee. Ons sien Nored installeer hier en daar ligte. Hulle vergader egter weinig met die politici wat die dorp lei. Ons sien net goed sonder enige verduideliking gebeur," sê Kanyanga.

"Die bestuur van Nored moet besef dat die mense van Rundu swaarkry. Ons het 'n groot dorp wat in die donker bly, ten spyte van duisende inwoners. Die verbetering van hierdie infrastruktuur sal mense gelukkig maak," het hy beklemtoon.

Die burgemeester het voorgestel dat sou Rundu se krag deur die dorp self bestuur word, dit tot beter koördinering van elektrifiseringsprojekte sal lei.

"Dit sal vir ons makliker wees om met ons eie maatskappy te werk oor waar en wanneer om krag in sekere gebiede te installeer. Tans is ons in 'n moeilike situasie en as ons nie 'n maklike oplossing kan vind nie, is ons bereid om tot regsaksie oor te gaan om aan die nasie en die wêreld te sê dat ons gekoloniseer word."

Nored se waarnemende uitvoerende hoof Toivo Shovaleka het op sy beurt gesê dit is 'n aandeelhouerkwessie en daar word daarvan kennis geneem. Rundu is 'n aandeelhouer van Nored in sy huidige formaat.

"Dit is belangrik om te noem dat Nored se aandeelhouers in 2014 besluit het om die huidige aandeelhouerstruktuur te ontbondel. Nou is dit waarskynlik net om te bepaal hoe die aandeelhouers daardie proses kan versnel,” het Shovaleka gesê.

In sy voorgestelde tariewe vir die 2024/2025 finansiële jaar het Norad 'n algemene tariefverhoging van 7,7% aangekondig.

Die kragverspreider se waarnemende hoof finansiële beampte Elifas Valombola sê die verhoging is gemotiveer deur personeelkoste.

"Die verhoging is ook gedryf deur werksaamhede en onderhoud, wat moet verhoog om dienskwaliteit tot die vereiste standaard te verbeter. Nog 'n motivering is veiligheidsskwessies wat aangespreek moet word om aan wetlike vereistes te voldoen, asook landelike elektrifisering wat koste byvoeg, maar min inkomste lewer. Dit is 'n koste wat gedek moet word," het Valombola gesê.

“Nored is ook besig met die implementering van verskeie maatreëls om koste te beheer. Die kostedrywers was NamPower se tariefverhoging van 8% wat 'n impak op Nored gehad het. Veiligheid, gesondheid en omgewingsbestuurfaktore het weens veiligheidskwessies verhoog. Grootmaataankope se impak op Nored is 8,2%. Ander bedryfskoste het grootliks gestyg weens die toename in die onderhoudsnetwerk," het Valombola gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!