Nuwe huise vir Opuwo

Tanja Bause
Honderd-en-twaalf huise is aan lede van die Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) oorhandig.

Die SDFN het reeds 360 huise in die Kunenestreek gebou.

Volgens me. Kuuokuta Tjipa van die SDFN bestaan die federasie uit 43 groepe oraloor die Kunenestreek.

Die federasie het tans 1 290 lede, waarvan 1 100 vroue is en 190 mans met N$1 405 900 se totale spaargeld.

Die SDFN het in 2013 met twee groepe in Opuwo begin en het in 2015 uitgebrei.

Die dorpsraad het in 2016 grond aan die SDFN gegee wat in 300 plotte onderverdeel is.

“Ons het die grond ontvang op voorwaarde dat ons self die dienste moet aanlê en opmetings sal doen.

Gedurende Fase 1 in 2018 het ons 27 huise gebou, 59 in 2020 en verlede jaar 26. Al dié huise is aan hul eienaars oorhandig. Ons het tans 15 groepe op Opuwo met 411 lede waarvan nog 20 tans goedgekeur is vir die konstruksie van hul huise,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!