Padongelukke eis 80
Meer as 900 beseer
Die grootste oorsake van die padongelukke word voor die deur van die gedrag van bestuurders en ook moegheid geplaas.
Tagtig mense het vanaf 15 November verlede jaar tot Sondag 5 Januarie vanjaar op Namibië se paaie in padongelukke gesterf. Die inligting is vervat in 'n verklaring deur die Namibiese polisie wat statistiek verskaf het met betrekking tot veiligheid op die land se paaie sedert die aanvang van die feesseisoen. In dieselfde tydperk is 918 beseer en het die polisie 472 ongelukke vir die feesseisoen tot op hede aangeteken. Die grootste oorsake van die padongelukke word voor die deur van die gedrag van bestuurders en ook moegheid geplaas. Ander oorsake sluit in bestuur onder die invloed van alkohol, spoed, roekelose en nalatige bestuur en die verontagsaming van verkeersreëls.
Volgens die statistieke is 1 867 waarskuwings aan motoriste oor die betrokke tydperk uitgereik, terwyl 12 227 dagvaardigings uitgereik is. Die polisie het ook op 657 voertuie beslag gelê.
“Die verwagting is dat meer mense van hul vakansiebestemmings na hul huise sal terugkeer soos die vakansieseisoen einde se kant toe staan en skole weer open," het Nampol se hoofwoordvoerder adj. komm. Kauna Shikwambi gesê.
“Padveiligheid bly ‘n gedeelde verantwoordelikheid. Ons waarsku dus padgebruikers om geduldig te wees, waaksaam te bly, en padreëls te handhaaf. Bestuurders word verder aangemoedig om gereed te wees vir weer wat kan verander soos swaar neerslae wat tot kitsvloede kan lei, die oppervlak van paaie glad kan maak en ook kan beskadig." - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie