Padwerke begin op Auasweg
Paaie word gesluit
Die opgradering van Auasweg na 'n dubbelbaan het begin en sal na verwagting tot minstens Augustus volgende jaar voortduur.
Fase 1 strek vanaf Sean McBridestraat tot by Aviationweg, wat volgens Stad Windhoek sal lei tot die gedeeltelike sluiting van gebiede waar padwerke sal plaasvind. Hierdie fase beïnvloed die inkomende bane tussen Arebbusch en Namcor (by Aviationweg) langs Auasweg.
Bykomende gebiede waar verkeer geraak sal word, sluit in Gholfstraat, Sean McBridestraat, Netbalstraat, Krieketstraat, Stadionstraat en Aviationweg.
Stad Windhoek het gesê daar sal konstruksievoertuie wees wat Auasweg binnegaan en verlaat aan die westekant, met vlagmanne by die betrokke in- en uitgangpunte. In die lig hiervan is die spoedbeperking tot 30 km per uur verlaag en geen voetgangers mag langs die westekant van die pad loop nie.
Padgebruikers moet dus versigtig wees tydens die gebruik van hierdie paaie tydens die voortgesette opgradering en moet die verkeerstekens, spoedbeperkings en versperrings rondom die konstruksiegebiede gehoorsaam.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie