eurowings1
eurowings1

#PAS IN: Passasiers meld aan vir Qatar-vlug

Henriette Lamprecht
Nadat twee Eurowings Discover-vlugte en een van Qatar Airways gister na Suid-Afrika herlei is weens die opskorting van Menzies se grondhanteringsdienste by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, sal Qatar Airways na verwagting vandag in Windhoek land. Eurowings Discover het in 'n kennisgewing aan sy passasiers gesê sy vlugte is gekanselleer en alternatiewe vlugte word gesoek vir dié wat na Windhoek moet reis. Volgens bronne sal die lugredery wat ook vandag vlugte vanaf Hosea Kutako gehad het, Maandag met dit voortgaan. Die drie herleide vlugte Saterdag volg nadat Menzies ná 'n uitgerekte hofsaak deur Paragon Aviation vervang is. Op die foto is passasiers wat ingeboek word vir die Qatar Airways-vlug wat geskeduleer is om 14:15 vanaf Hosea Kutako te vertrek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!