#PasIn: Voorafbetaalde meters in Maart opdateer
#PasIn
Die Windhoekse munisipaliteit sal vanaf 1 Maart begin om alle voorafbetaalde water- en elektrisiteitmeters op te dateer sodat dit kan aanhou werk ná die 2024-sperdatum. Dit word die TID (Token Identifier) Rollover-projek genoem.
Die munisipaliteit het in ‘n kennisgewing verduidelik dat dit nodig is omdat die meters se huidige sagteware wêreldwyd op 24 November 2024 verval. Sou dit nie voor dié datum gedoen word nie, sal die meters nie nuwe kredietnotas kan ontvang nie, wat kliënte sonder water of elektrisiteit sal laat.
Die munisipaliteit vra vir samewerking wanneer munisipale amptenare persele met voorafbetaalde meters vanaf volgende maand besoek. Die amptenare sal hul werknemerskaarte saam met hulle dra en tussen 08:00 en 19:00 op weeksdae werk, asook tussen 08:00 en 15:30 op naweke.
Indien niemand op die perseel is wanneer die amptenare daar opdaag nie, sal ‘n “geen toegang” nota agtergelaat word, met kontakbesonderhede daarop sodat ‘n afspraak gemaak kan word vir ‘n geskikte tyd. Navrae kan aan 061 290 2242 of [email protected] gerig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie