RA verdedig Zhong Mei as tenderkeuse
Ogone Tlhage – Namibië se Paaieowerheid (RA) het sy besluit verdedig om ’n winsgewende tender vir die konstruksie en opgradering van die pad tussen Usakos en Karibib aan die Chinese maatskappy, Zhong Mei, toe te ken.
Die maatskappy word tans betrek in ’n belastingskandaal by die Namibiese Inkomstediens (NamRA), terwyl sy belastingsake glo ook nie in goeie orde is nie.
Die RA het sy besluit om die tender aan Zhong Mei toe te ken, verdedig deur te sê dat die firma aan al die vereistes voldoen het.
“Die tender-evaluering en die daaropvolgende aanstelling van die tenderaar is uitgevoer op grond van Artikel 52 van die Wet op Openbare Verkryging van 2015, asook die vereistes soos uiteengesit in die uitgereikte tenderdokument gedurende die voorafkwalifikasie- en tenderfase. Dus het Zhong Mei Engineering Group aan al die vereistes voldoen, insluitend dié wat in die wet uitgesonder is,” het die RA gesê.
Tenderaars is toegelaat om besware teen die toekenning aan Zhong Mei te opper en slegs een beswaar is ingedien, het die RA gesê.
“In ooreenstemming met die wet is ’n wagperiode van sewe dae toegelaat vir tenderaars om hul besware in te dien nadat die tender-evaluering voltooi is.
Een beswaar is ingedien en is dienooreenkomstig hanteer, voor die RA met die toekenning voortgegaan het. Dus is die aanstelling gedoen in volle ooreenstemming met die bepalings van die wet en die KfW-regulasies. Nietemin kan enige tenderaar steeds die hersieningspaneel met vrae nader,” het die RA gesê.
Volgens die RA sal die projek deur die KfW-ontwikkelingsbank gefinansier word onder die Vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP5) teen ’n totale koste van N$343 miljoen.
Plaaslike tenderaars sal ook ’n geleentheid kry om by die tender betrokke te raak, het die RA gesê.
“Die gekombineerde waarde van die werke wat vir die bogenoemde plaaslike Namibiese kontrakteurs voorbehou is, is N$63,8 miljoen en dit beloop 25,18% van die totale kontrakbedrag. Verder sal ongeveer 500 werksgeleenthede vir Namibiërs gedurende die konstruksieperiode geskep word,” het die RA gesê.
Konstruksiewerk word beplan om volgende maand te begin en die projek sal na verwagting teen Maart 2025 voltooi wees.
Die RA sal tydens konstruksiewerk seker maak sake geskied behoorlik om enige ongerief vir motoriste en inwoners te verminder, het die RA gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie