Regering kan nie aanhou regmaak, sê Schlettwein
Loof tradisionele owerheidsleiers
Die minister het gesê vandalistiese gedrag wys dat daar baie min waardering is vir die infrastruktuur wat vir die gemeenskap opgerig word.
Tuyeimo Haidula - Die minister van landbou, water en grondhervorming het Woensdag aan die inwoners van die dorp Olumpelengwa in die Omusatistreek gesê die regering kan nie aanhou om beskadigde of gesteelde boorgattoerusting te vervang nie, aangesien hulle ook vir ander behoeftige gemeenskappe moet sorg.
Minister Calle Schlettwein het aan die skare gesê die regering bestee baie geld om die boerdery-infrastruktuur te bou en toegang tot skoon water te verskaf om die behoeftige gemeenskappe te dien en hulle las te verlig om lang afstande te reis op soek na water in die landelike gebiede.
MIN WAARDERING
“Ons probeer baie hard met beperkte finansiële hulpbronne om water na gemeenskappe te bring wat desperaat is vir water. Dit net om ’n week later te sien dat sonpompe gesteel word en ’n gemeenskap wat vir jare swaarkry, net vir ’n week die voordeel geniet voor hulle terug is waar hulle voorheen was. As ons vra wat gebeur het, weet niemand iets nie,” het hy gesê.
Schlettwein het gesê die gedrag wys dat daar baie min waardering is vir die infrastruktuur wat vir die gemeenskap opgerig word.
“Ek kan nie glo met ’n boorgat wat by ’n inwoner se huis – met sonpompe en sonpanele – dat daar niemand is wat agterkom dat iemand met ’n slypmasjien soontoe gaan, die boorgate oopmaak en die pomp uithaal en alles steel nie. Ek glo dit nie,” het hy kopskuddend gesê.
Schlettwein het die tradisionele owerheidsleiers geloof wat saamstem dat baie gedoen moet word om die infrastruktuur te beskerm.
“Ons moet hierdie diewe vang en met hulle afreken. En ons sal dit net kan doen as ons saamwerk. As ons ’n infrastruktuur hier bou en dit word gesteel, sal ons nie weer hierheen terugkom nie, want daar is ander wat dit meer desperaat nodig het wat geen infrastruktuur gehad het nie. Ons kan dit nie oor en oor herhaal net omdat mense nie na hulle goed kyk nie,” hy het gesê.
Schlettwein het gesê dit is deels die gemeenskap se verantwoordelikheid om om te sien na wat aan hulle verskaf word en dat die infrastruktuur in plek en in stand gehou word.
GELD BESTEE
Die ministerie het altesaam N$23,8 miljoen bestee vir die ontwikkeling van plaasinfrastruktuur.
Die hoofidee agter sulke ontwikkelings, het hy gesê, is om die maatskaplike en ekonomiese status van die mense deur middel van landbouproduksie te verbeter en sodoende hul lewensbestaan ’n hupstoot te gee.
“Met hierdie oortuiging en vasberadenheid loof ons die samewerking tussen Namibië en Duitsland en die hele Europese gemeenskap vir hul vennootskap met Namibië in hierdie baie belangrike pogings wat ontwikkeling nader aan ons mense bring,” het hy gesê.
Gosia Lachut van die Europese Unie (EU) het gesê die program takel sommige van die kernontwikkelingsuitdagings vir Namibië – soos die nalatenskap van ongelyke toegang tot grond sowel as onsekerheid oor verblyfreg in gemeenskaplike gebiede.
Die Amarika-boerekoöperasie beslaan ’n oppervlakte van 40 000 hektaar en het 122 geregistreerde lede wat sal baat by die waterpypleiding wat oor 53 kilometer strek, ses waterpunte en ’n heining vir 56 kilometer se weiveld om hul veebestuurspraktyke en markoriëntasie ten goede te verbeter .
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie