Rössing kry nog tien jaar by
Die uraanmyn wat wêreldwyd nog vir die langste tydperk ononderbroke operasioneel is, is Rössing-myn.
Die aankondiging om die ikoniese Namibiese myn se verwagte lewensduur vanaf 2026 tot 2036 te verleng, is Vrydag gemaak ná 47 jaar se ononderbroke produksie.
Volgens Rössing se besturende direkteur, Johan Coetzee, is hy tevrede met dié besluit wat op 22 Februarie geneem is. Dit is in opvolg tot die voltooiing van ’n vatbaarheidstudie wat by die bank ingedien kan word.
Rössing se raad het die verlenging goedgekeur wat mynbedrywighede nou tot die einde van die mynboulisensieperiode kan laat voortduur.
Rössing se lisensie is tot 2036 verleng nadat die ministerie van myne en energie dit in 2021 aangepas het.
Die verwikkeling dui op die ommeswaai van Rössing se lot, nadat die vorige eienaars Rio Tinto oorweeg het om die myn in 2020 toe te maak.
In 2019 is Rio Tinto se meerderheidsaandeel egter aan China National Uranium Corporation (CNUC) verkoop. Teen 2021 het hulle reeds begin werk aan die verlenging van die myn se lewensduur.
Die prestasie bied Rössing ’n nuwe lewe en lei tot die voortsetting van verskeie makro-ekonomiese voordele vir sy belanghebbendes, volgens Coetzee.
“Rössing poog om sy bydrae tot die ekonomie op beide nasionale en streekvlak voort te sit, in die beste belang van die mynbedryf, ons streek en Namibië in die algemeen. Ons leef volgens ons slagspreuk van ‘Werk vir Namibië’,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie