KEEP ON RISING: Rundu is failing to service its Namwater debt.
KEEP ON RISING: Rundu is failing to service its Namwater debt.

Rundu skuld NamWater N$204 miljoen

Tanja Bause
Kenya Kambowe - In September 2019 het die Rundu-dorpsraad se skuld aan NamWater N$76 miljoen beloop. Dié skuld het op 30 Junie vanjaar op meer as N$200 miljoen gestaan.

Dié inligting is verlede Woensdag deur die raad se strategiese finansiële bestuurder, Sam Nekaro, bekend gemaak.

Hy het die onthulling gemaak tydens sy voorlegging aan die parlementêre staande komitee oor menslike hulpbronne en gemeenskapsontwikkeling wat openbare verhore hou oor ’n mosie wat daarop gemik is om plaaslike owerhede se historiese skuld af te skryf.

In 2019 is berig oor hoe die raad gesukkel het om sy skuld van N$76 miljoen aan NamWater af te betaal – ’n situasie wat gelei het tot gereelde wateronderbrekings wat veroorsaak het dat inwoners van die dorp dae en soms selfs weke sonder water moes klaarkom.

Met Nekaro se onlangse onthulling dat die raad NamWater nou N$204 miljoen skuld, beteken dit egter geen vordering is gemaak met betrekking tot die vereffening van raad se historiese skuldrekening by NamWater wat bly ophoop weens rente nie.

Volgens Nekaro sukkel die raad om sy skuld by Namwater te delg weens die swak inkomste-invordering wat toegeskryf word aan slegs een derde van die plaaslike owerheid se rekeninghouers wat vir dienste betaal.

Hy het verduidelik slegs sowat 5 000 uit 15 000 inwoners betaal hul munisipale rekeninge.

"Daar is ’n groot onwilligheid onder die inwoners om hul verpligting teenoor die raad na te kom, en daarom is ons inkomste-invordering redelik swak," het Nekaro verduidelik.

“Dit maak dit weer moeilik vir die raad om getrou sy verpligting teenoor die grootmaatverskaffer na te kom.”

Hy het gesê op 30 Junie het inwoners die munisipaliteit N$346 miljoen geskuld.

Reginald Ndara, ’n lid van die dorpsraad wat ook die openbare verhoor bygewoon het, het gesê die raad is bereid om inwoners se skuld af te skryf as die regering hul skuld by NamWater kan afskryf.

Ndara het verduidelik die NamWater-skuld is ’n groot las op die raad se skouers, aangesien dit behoorlike beplanning vir die ontwikkeling van die dorp belemmer.

Namwater het die Rundu-munisipaliteit op ’n voorafbetaalde watermeterstelsel geplaas.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!