Schlettwein soek antwoorde oor wateraanleg
Meer as twee maande agter skedule
Die ministers het kontrakteurs opdrag gegee om konkrete stappe voor te lê om te verseker die projek is weer op koers.
Die minister van landbou, water en grondhervorming Calle Schlettwein het sy teleurstelling met die kontrakteurs verantwoordelik vir NamWater se wateraanleg op Rundu uitgespreek wat reeds 76 dae agter skedule is.
Die vertraging is glo veroorsaak deur die ontdekking van ongeskikte materiaal op die perseel. Tydens ‘n besoek het Schlettwein sy frustrasie uitgespreek oor die gebrek aan vordering en die kontrakteurs se voorbereiding bevraagteken.
“Ek is bekommerd. Ek hoor julle beloftes, maar dit is net beloftes. Wanneer ek ‘onvoorsiene omstandighede’ hoor, kan ek nie help om te dink maar julle moes dit kon insien nie. Ek is bekommerd dat ons nog verdere vertragings
Schlettwein het op spesifieke maatreëls aangedring om verlore tyd in te haal.
“Ek wil weet of dit net beloftes is, watter konkrete maatreëls is in plek om seker te maak ons haal in? Is daar meer mannekrag? Meer toerusting? Langer werksure? Wat presies doen julle om seker te maak ons haal die sperdatum? Ek het spesifieke besonderhede nodig, want ek kan nie net op beloftes staatmaak nie,” het hy gesê.
Die projek, ‘n moderne uitbreiding van die Rundu-verwerkingsaanleg en verwante werke het teen N$655 miljoen vyf maande gelede afgeskop.
Volgens die hoof van konstruksie Eduardo Arevalo spruit die vertragings uit onvoorsiene grondtoestande.
“Ons was veronderstel om net tot 150 mm uit te grawe. Op dié diepte het ons egter gevind dat die grondtoestande nie stabiel genoeg is om die struktuur te ondersteun nie. As ons op daardie vlak voortgegaan het, kon dit in die toekoms tot strukturele nedersettings gelei het,” het Arevalo gesê.
Om die probleem op te los, moes die span in sommige gebied tot so diep as 800 mm uitgrawings doen om stabiele grond te bereik. Arevalo het die minister verseker dat bykomende hulpbronne ontplooi en ook meer ure aan die projek bestee sal word. Hy het ook bygevoeg dat die kontrakteur hoop om die eerste beton teen Januarie aanstaande jaar te gooi wat die projek binne sy aanvanklike tydslyn sal hou.
“Konstruksiewerk lyk dikwels stadig tydens die grondwerkfase. Wanneer die volgende fase en wel sement begin, sal die proses versnel. Grondwerk is ook ‘n lae-betaalde item en finansiële vordering mag minimaal voorkom. Wanneer ons begin met die gooi van sement, glo ek ons sal kan opvang en op skedule bly,” het Arevalo gesê en bygevoeg dat ‘n verlenging nog nie nodig is nie. Gebeurlikheidsplanne is ook in plek om te verseker dat die projek binne die begroting bly.
Volgens Schlettwein is die projek die hoogtepunt van jare se noukeurige beplanning.
“Dit het gevorder deur die beplanningsfase, die ontwerpfase en die aanstelling van die kontrakteur en ons is nou in die fase van implementering. Stap vir stap glo ek het ons gewys wat goeie bestuur vereis. Ons het deurgaans mense oor ons vordering op hoogte gehou. Ons het die kontrakteur aangestel, ons planne uiteengesit en tydsraamwerk opgestel. Dit is deel van daardie proses,” het Schlettwein gesê.
“Onlangs het Rundu ‘n ernstige waterkrisis in die gestaar en kon nie voldoende water aan sy inwoners verskaf nie. Dié projek beteken die einde van daardie uitdaging. Ek erken ons het die projek later begin as wat ons moes, maar ons is nou hier, met ‘n moderne watersuiweringsaanleng en ‘n uiters veilige waterbron,” het die minister gesê.
Die nuwe aanleg sal nie net water aan Rundu voorsien nie, maar ook danksy ‘n uitgebreide pyplynstelsel aan omliggende gemeenskappe al langs die rivier.
Volgens Schlettwein is die afhanklikheid van ‘n enkele bron om water te voorsien, ‘n risiko omdat daar niks is om op terug te val nie.
“Om dit aan te spreek ondersoek ons grondwaterbronne in gebiede langs die hoofpyplyn in Rundu. Deur hierdie bronne met die stelsel te integreer, hoop ons om ‘n meer veerkragtige voorsieningsnetwerk te skep,” het hy gesê.
Hy het Gobabis as ‘n voorbeeld van sukses uitgesonder waar die integrasie van oppervlak- en grondwaterstelsels ‘n konstante voorsiening verseker selfs al is damme droog.
“Dieselfde benadering sal hier toegepas word. As een stelsel misluk, het ons ondersteuning in plek.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie