Sewe boorgate vir Groot Aub beplan
Stad Windhoek het onlangs die eerste van sewe boorgate in Groot Aub geboor om aan die toenemende aanvraag na water te kan voorsien.
Harold Akwenye, die woordvoerder van die Windhoekse munisipaliteit, sê die bestuur van Groot Aub is in 2017 aan die munisipaliteit oorhandig.
“By die oorhandiging is die departement wat verantwoordelik is vir infrastruktuur ingelig dat hulle water aan 10 000 inwoners moet voorsien.
“Dit is gelyk aan 50 kubieke meter water per uur gebaseer op 100 liter per dag en as die boorgate 20 uur per dag water pomp. Daar is tans nie ’n watertekort nie, maar die vraag na water oorskry tans die beskikbare voorsiening van 50 kubieke meter water per uur. Dit is hoekom die munisipaliteit die eerste boorgat geboor het en nog ’n verdere ses beplan,” het hy gesê.
Tans woon daar talle meer in Groot Aub as die 10 000 mense waarvoor die munisipaliteit destyds voorsiening vir water moes maak.
Die plotte in die Groot Aub-omgewing plaas ook nóg meer druk op die beskikbare waterhulpbronne.
Die munisipaliteit het reeds in 2018 vyf boorgate geboor en die beplanning vir die sewe nuwe boorgate het in Maart 2023 begin.
“Finansiering en die aanstelling van ’n boorkontrakteur is egter eers in vroeg Desember 2023 gefinaliseer en die projek het toe begin. Die projek word in samewerking met die ministerie van landbou, water en grondhervorming en die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling gedoen.”
Die munisipaliteit is verantwoordelik om die liggings waar die boorgate geboor moet word, te identifiseer.
Die landbouministerie stel die boortoerusting beskikbaar asook finansiering. Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het ’n begroting van ongeveer N$6,8 miljoen vir Groot Aub beskikbaar gestel. Die helfte van die begroting sal gebruik word om die waterkrisis te takel.
Die goewerneur se kantoor moet bewustheid onder die inwoners skep om boorgatwater te deel.
“Die tweede boorgat is gister geboor en die hoop is dat teen einde Maart al sewe operasioneel sal wees. Dit hang af van die verkryging van pompe en pype en die oprigting van ’n nuwe kraglyn.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie