No Image Caption

Slegs 200 toilette vir 3 000 inwoners

Openbare ontlasting in Lüderitz se informele gebiede
Weens die agtelosigheid van beide die gemeenskap en die dorpsraad is sanitasiegeriewe in 'n vervalle toestand en verg dringende aandag.
Ellanie Smit
Die Lüderitz-dorpsraad staar sanitasie-uitdagings in sy informele nedersettings in die gesig, waar sowat 3 000 mense toegang het tot slegs ongeveer 200 toilette.

Dit volgens ’n verslag wat deur die staande komitee oor vervoer, infrastruktuur en behuising saamgestel is ná besoeke aan die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling se nasionale sanitasieprojekte in 13 streke tussen 10 Februarie en 18 Maart.

Slegs die Kavango-Wesstreek het nié deel van hierdie besoeke gevorm nie.

Die verslag, wat in die parlement ter tafel gelê is, meld dat die informele nedersetting Area 7 in Lüderitz ’n inwonersgetal van tussen 300 en 400 huishoudings het, en 28 toilette in 2019 ontvang het.

“Ten spyte van die 28 toilette wat in Area 7 gebou is, is mense steeds gewoond daaraan om in die oopte te ontlas.”

Die verslag het uitgelig dat daar 24 spoeltoilette in die informele nedersetting Amilema is – wat deur die inwoners in stand gehou word.

ONVOLDOENDE INSTANDHOUDING

Die informele nedersetting Sand Hotel het 18 geboude toilette, waarvan slegs twee werk.

“Die gemeenskap van Sand Hotel het hul ontevredenheid uitgespreek en gesê daar word nie na die geriewe omgesien nie, aangesien dit vir almal oop is. Wanneer een van die twee toiletblokke buite werking is, maak die Lüderitz-dorpsowerheid alles toe.”

Dis glo weens die Sand Hotel-gemeenskap en die dorpsraad se agtelosigheid dat sanitasiegeriewe in ’n vervalle toestand is en dringende aandag verg.

“Sand Hotel se infrastruktuur was gesluit en vervang deur tydelikes weens vandalisme deur die gemeenskap, wat die sanitasie-infrastruktuur soos stortkoppe en toilette gesteel het.”

As deel van sy aanbevelings het die komitee gesê die informele nedersetting Sand Hotel is in ’n onhigiëniese toestand en ongeskik vir menslike gebruik, vandaar die dringende behoefte dat die kwessie van sanitasie deur alle regeringsrolspelers aandag moet kry.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!