Soveel kos 'n kragonderbreking
Nuutste prysverhogings aangekondig
Kraguitvoere deur 'n tekort aan infrastruktuur belemmer.
“Ons herhaal al lank daar kan geen ontwikkeling sonder krag wees nie. Nou het ons syfers,” sê die uitvoerende hoof van die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) Robert Kahimise. Kahimise het tydens ’n nuuskonferensie uitgebrei oor die bevindings van 'n onlangse studie oor die koste van skielike kragonderbrekings. Volgens die studie verloor die Namibiese ekonomie tot N$36,19 se direkte toegevoegde waarde per kilowattuur wanneer krag skielik afgaan. Die totale verlies vir die ekonomie is N$85,38 per kilowattuur en vir elke huishouding is dit sowat N$11,12 per kilowattuur.
Onverwagte of skielike kragonderbrekings word veral in Suid Afrika ondervind en is gewoonlik as gevolg van aanvraag wat voorsiening oorskry. Volgens Kahimise sal die syfers uit die studie in ag geneem word wanneer oor toekomstige beleggings en opknappings van infrastruktuur besluit word.
Ten spyte daarvan dat Namibië die meerderheid van sy krag invoer en waarvan Suid Afrika ’n groot bron is, sê Kahimise dat geldige invoerkontrakte met veral die buurland, Zimbabwe en Zambië plaaslike beurtkrag behoort te vermy. Tensy iets drasties gebeur en buite plaaslike beheer is, behoort beurtkrag tot 2025 nie vir Namibiërs ’n moontlikheid te wees nie.
Boonop baat Namibië tans uit die goeie reënval wat onlangs in die suide van Angola ontvang is. Dié water voed die hidroëlektriese aanleg op Ruacana wat tans al vier turbines gebruik en krag teen lae koste vir die land kan opwek. Ruacana se kragtoevoer vervang duurder ingevoerde krag vanaf buurlande en die Suider-Afrikaanse kragpoel (SAPP).
Kahimise het ook verwys na Namibië se moontlike beperking op kraguitvoere. Volgens die ECB is daar reeds lisensies vir die uitvoer van krag aan onafhanklike kragopwekkers toegeken en wel om tot 1,4GW te kan uitvoer. Beperkings op infrastruktuur laat egter net 300MW toe.
Petrus Johannes, ECB se algemene bestuurder vir tegniese regulasies, het verduidelik die beperkings op transmissie is waar Nampower se kragnetwerk met dié van Suid Afrika en Zambië aansluit.
“Aan die Namibiese kant is daar kapasiteit. Ons kan die krag tot by die grens kry, maar dit kom nie by die bestemming uit nie. Nampower moet sy eweknieë nader en uitvind wat hulle beplan,” het hy gesê. Volgens Kahimise is enige moontlike oplossing nie ’n besluit wat die ECB alleen kan maak nie, en word Nampower en die ministerie van myne en energie in dié verband genader. Volgens hom is ’n moratorium op kraguitvoere nodig, of het Nampower die oplossing danksy die nasionale kragonderneming se onderhandeling met soortgelyke instellings in die buurlande.
Kahimise het tydens dieselfde geleentheid die verhoging van kragtariewe by plaaslike verspreiders aangekondig. Aranos se krag is vanaf Oktober 4,4% duurder, met dié van Berseba wat 10% meer kos. Ook is goedkeurings vir Gobabis se verhoging van 9,7%, Rehoboth met 9,8% en Koës met 9,7% goedgekeur. Kalkrand kan 9,9% meer vir krag vra, ten spyte van sy aansoek om elektrisiteitpryse op die dorpie met tot 25% te verhoog. Krag vanaf die //Kharas-streeksraad kos sedert 24 Oktober 10% meer, met Aroab se krag wat 6% duurder, Bethanie 6%, Gibeon 10% en Gochas wat 9% duurder is. Inwoners op Karasburg moet 7,6% meer opdok, Leonardville 9,4% en Tses en Witvlei 10%. Vir Oranjemund is die verhoging 9,4%, Regenstein Estate 10% en die Fabiola Industriële Park 1,6%. Verhoging van tariewe vir Osona Village en die Epacha Power Line sal vandeesmaand nog afgekondig word.
Kahimise het ook verwys na die oordrag van die lisensie van Sino Energy wat oorgedra is na Gerus Solar One, terwyl die uitvoerlisensie van #Oab Energy na Innosun Energy Holdings vir aanbeveling na die minister verwys is. Aanbevelings is ook deur die ECB-raad gemaak vir die oordrag van Premier Energy se kragopwekking vir 10MWp na Oshakati Permier Electric. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie