Spoedige herstel van Windhoek-Rehobothpad
Pendelaars gefrustreerd
Die konstruksie van 'n permanente tweerigting-verbypad sal 'na verwagting oor ongeveer drie weke voltooi wees'.
In die nasleep van die swaar reën wat beduidende skade aan die Arisbrug op die B1-hoofpad tussen Windhoek en Rehoboth aangerig het, het Namibië se nuwe minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, die kommer van pendelaars erken en ’n spoedige optrede belowe om normale verkeersvloei te herstel.
Nekundi het Dinsdag in ’n verklaring frustrasie oor die nuwe, tydelike eenrigting-verbypad – ’n noodmaatreël wat geïmplementeer is ná die stormskade aan die Arisbrug op die deurslaggewende roete – aangespreek. Die brug is sowat 30 km suid van die hoofstad geleë.
“Ons besef die ongerief wat dit veroorsaak het en waardeer die geduld van die geraakte inwoners terwyl ons aan ’n permanente oplossing werk,” het hy gesê.
Die ministerie het in samewerking met die Paaieowerheid (RA) sy verbintenis benadruk om die krisis spoedig op te los.
Nekundi het verduidelik die eenrigtingpad van 350 meter was ’n onmiddellike ingryping nadat die brug verlede week erg beskadig is. Die verbypad is binne ’n dag gebou.
Die tydelike verbypad het egter gelei tot langer reistye, verkeersopeenhopings en veiligheidskwessies.
Met erkenning van dié kwessies, het Nekundi die publiek verseker dat padwerke aan die gang is vir ’n meer permanente oplossing.
“Die RA is tans besig met die konstruksie van ’n tweerigting-verbypad, wat verkeersopeenhopings aansienlik sal verlig en padveiligheid sal verbeter.
“Hierdie konstruksie vorder soos beplan, en ons verwag dat die projek binne die volgende drie weke voltooi sal wees,” het die minister gesê.
NOODPROTOKOL
Die Windhoek-Rehoboth-hoofpad is ’n belangrike roete vir daaglikse pendelaars, toeriste en kommersiële vervoer tussen die hoofstad, suidelike streke van die land en Suid-Afrika.
Die onlangse skade en daaropvolgende verkeersontwrigtings het kommer laat ontstaan onder inwoners van Rehoboth, Groot Aub en Omeya en besighede wat op die roete staatmaak vir hul daaglikse bedrywighede.
Die RA se bestuurder vir korporatiewe kommunikasie, Hileni Fillemon, het by navraag vir kommentaar gesê die konstruksie van die permanente tweerigting-verbypad sal na verwagting oor ongeveer drie weke voltooi wees.
“Wat die rehabilitasie van die brug betref, is die RA besig met die ontwerp. Sodra dit voltooi is, sal die verkrygingsproses vir die aanstelling van ’n kontrakteur begin,” het Fillemon gesê.
Die noodverkrygingsproses sal gebruik word om die aanstelling van ’n kontrakteur te bespoedig om met die rehabilitasie te begin, het sy bygevoeg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie