EXCLUDED: The Construction Industries Federation of Namibia says the Roads Authority is excluding Namibian firms from participating in the rehabilitation of the road between Karibib and Usakos. PHOTO: FILE
EXCLUDED: The Construction Industries Federation of Namibia says the Roads Authority is excluding Namibian firms from participating in the rehabilitation of the road between Karibib and Usakos. PHOTO: FILE

Tendervereistes te streng, sê boubedryf

Plaaslike maatskappy ‘uitgesluit’ van bieproses
Volgens die CIF word konstruksiemaatskappye in Namibiese besit uitgesluit in die proses om die kontrak vir opknappingswerk aan die pad tussen Karibib en Usakos te kry.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage - Die Federasie vir die Konstruksiebedrywe van Namibië (CIF) het na die Paaieowerheid (RA) se uitvoerende hoof, mnr. Conrad Lutombi, gekap en hom daarvan beskuldig dat hy nie aandag gegee het aan kommer dat plaaslike maatskappye uitgesluit word in die tenderproses om rehabilitasiewerk aan die pad tussen Karibib en Usakos te onderneem nie.

Die RA het finansiering van die Duitse Ontwikkelingsbank KfW verkry en vooraf-kwalifikasievoorwaardes opgestel vir die rehabilitasie van die stuk pad van 30 kilometer, maar volgens die CIF word konstruksiemaatskappye in Namibiese besit uitgesluit in die proses om die tender vir dié opknappingswerk te kry.

Me. Bärbel Kirchner, uitvoerende hoof van CIF, het gesê die vereistes is te streng, wat plaaslike firmas nie toelaat om mee te ding nie.

“Die finansiële voorkwalifikasievereistes is ook so streng dat Namibiese kontrakteurs nie kan deelneem nie, veral met inagneming van die resessie-omstandighede waarin ons oor die afgelope sewe jaar bedrywig was,” het sy gesê.

Selfs al sou die KfW die rehabilitasie van die pad finansier, sal Namibiese belastingbetalers volgens Kirchner steeds verplig word om op te dok vir die lening wat aangegaan is.

“Al verskaf die KfW ‘n lening en nie ‘n toelaag nie, en ons as belastingbetalers moet die lening terugbetaal, blyk dit ons laat toe dat die bepalings ons dikteer. Dit tensy die Paaieowerheid om een of ander rede nie omgee om plaaslike kontrakteurs uit te sluit nie,” het Kirchner gesê.

Sy het bevraagteken hoe sulke streng vooraf-kwalifikasievoorwaardes gestel word ondanks gereelde raadplegende vergaderings met die RA en die regering.

“Ons is ernstig teleurgesteld dat dit steeds gebeur, al het ons nie net gesprekke met die RA gevoer nie, maar ook met ons sentrale regering. Hoe is dit moontlik in hierdie dag en tyd, wanneer ons ekonomie feitlik aan skerwe is en ons veg om werk te skep en om te verseker dat ons en ons werknemers kos op ons tafels het?” het Kirchner gevra.

LIGTER VOORWAARDES

Lutombi het Kircher se bewerings van die hand gewys en gesê die RA het ‘n aantal voorwaardes verslap om plaaslike konstruksiemaatskappye toe te laat om hul voorkwalifikasietenders in te dien.

“Ons het gesien daar is ‘n aantal Namibiese kontrakteurs wat hul vooraf-kwalifikasies ingedien het, so dit is onregverdig om te sê dat Namibiërs in die proses uitgesluit is,” het hy gesê.

“Ons het ‘n aantal voorwaardes verslap. As jy na die finansiële aspek kyk en dit met die oorspronklike vergelyk, het ons dit afgebring,” het Lutombi bygevoeg.

Volgens Lutombi is die sperdatum vir die tender aangeskuif as gevolg van die streng kriteria wat gestel is, siende dat dít ook hersien is.

“Ons het die sperdatum aangeskuif om te sien hoe ons meer kontrakteurs kan akkommodeer,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!