Desmond Van Jaarsveld is die nuwe hoof uitvoerende beampte van TransNamib.
Foto TransNamib
Desmond Van Jaarsveld is die nuwe hoof uitvoerende beampte van TransNamib. Foto TransNamib

TransNamib wys nuwe hoof aan

STAFF REPORTER
Nuusredaksie – Die nasionale spoorvervoeroperateur TransNamib het gister aangekondig dat Desmond Ernest van Jaarsveld môre die leisels by dié staatsonderneming sal oorneem.

Volgens TransNamib het Van Jaarsveld meer as 30 jaar se ondervinding, insluitend 25 jaar as deel van senior uitvoerende leierskap in die vervoer-, logistiek- en verspreidingsbedryf in Suider-Afrika.

Meer onlangs was Van Jaarsveld die besturende direkteur van DP World. Hy het 'n meestersgraad in wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch verwerf, waar hy ook die bestuursontwikkelingsprogram, onder vele ander kwalifikasies, voltooi het.

Theo Mberirua, TransNamib se direksievoorsitter, het Van Jaarsveld gelukgewens met sy aanstelling.

“Desmond van Jaarsveld is 'n uitstekende toevoeging tot TransNamib, en namens die raad van direkteure wens ek hom geluk met die aanvaarding van hierdie belangrike rol. TransNamib en spoorinfrastruktuur speel 'n kritieke rol om Namibië as 'n logistieke leier in die streek te posisioneer, en ons is vol vertroue dat Van Jaarsveld TransNamib tot volhoubare groei sal lei,” het Mberirua gesê.

Aldus die voorsitter het Van Jaarsveld bewys dat hy gereed is vir die tye en uitdagings wat TransNamib nou in die gesig staar.

“Hy het 'n indrukwekkende geskiedenis van leierskap by groot en internasionale maatskappye tydens uitdagende tye. Ek is vol vertroue dat sy leierskap van TransNamib ons bedryf sal versterk en die maatskappy sal bevoordeel.”

Mberirua het ook lof gehad vir die waarnemende uitvoerende hoof, Webster Gonzo, wat die rol sedert verlede jaar vervul het.

“Ek wil graag ons dank uitspreek teenoor Webster Gonzo vir sy geweldige werk met die direksie om die kontinuïteit van TransNamib se bedrywighede gedurende hierdie tydperk te verseker. Sy pogings was van onskatbare waarde en het ons nuwe uitvoerende hoof goed geposisioneer om 'n organisasie te lei wat bereid is om die belange van ons aandeelhouers en die Namibiese nasie te verteenwoordig,” het Mberirua bygevoeg. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!