Tsumeb kry wateraanleg

Teen einde Oktober voltooi
Die projek behels 'n nuwe watersuiweringsaanleg wat teen volle produksie tot 400m³ water per uur en gemiddeld sowat 300m³ water per uur sal suiwer.
Augetto Graig
Ná voortgesette probleme met die gehalte van kraanwater op Tsumeb word ‘n splinternuwe en moderne watersuiweringsaanleg tans op die dorp gebou. Volgens Thomas Seifart van Aquarius Consult, die ingenieurs en hoofagent vir die aanleg, is die kontrak van N$36 miljoen op 5 Mei aan die gesamentlike onderneming Nexus-Nafasi toegeken. Seifart sê die projek behoort teen 30 Oktober voltooi te wees.

Die projek behels ‘n nuwe watersuiweringsaanleg wat teen volle produksie tot 400m³ water per uur en gemiddeld sowat 300m³ water per uur sal suiwer.

“Dit onttrek water wat tans onverwerk is uit die boorgate en verwyder cryptosporidium - mikrospore of mikrobiese organismes - uit die water. Dit maak die water minder 'hard' deur die magnesium en kalsium te verminder," het hy verduidelik.

Die mikrobiese organismes is vermoedelik die oorsaak van gesondheidskwessies as gevolg van Tsumeb se kraanwater. Die magnesium en kalsium verkort op hul beurt die lewensduur van die elemente van ketels en geisers, terwyl die 'harde' water ook minder skuim van seep, opwasmiddels en waspoeiers veroorsaak.

“Die water sal heeltemal veilig vir menslike gebruik wees. Ná die suiwering sal daar absoluut geen mikroörganismes meer in die water wees nie,” sê Seifart.

Malcolm Deelie van Nafasi Water Namibia, die spesialiste in meganiese en elektriese stelsels vir die aanleg, sê dit is by verskeie watersuiweringsprojekte oraloor Namibië betrokke en bekend as operateur van die groot ontsoutingsaanleg op Swakopmund.

“Ons brei uit om verskillende kontrakte oor Namibië te voltooi. Vir dié kontrak is ons die spesialis meganiese en elektriese kontrakteur en is 'n gesamentlike vennootskap met Nexus. Ons doen basies die ontwerp en is ook verantwoordelik vir onder meer die installering en finale oorhanding van die aanleg aan die kliënt,” sê Deelie.

Seifart sê die grootte van die aanleg maak dit geskik om die hele dorp se waterstelsel te kan bedien. “Die water word behandel nog voor die Tupperdam-reservoir wat die finale, sentrale lokaal is en waarvan water deur die stelsel versprei word,” het hy verduidelik.

Nexus is die siviele boukontrakteur wat vir die konstruksie van geboue by die aanleg verantwoordelik is. Wanneer die bouproses voltooi is, sal die meganiese en elektriese kontrakteur die betrokke toerusting installeer. Volgens Deelie word 'n reservoir van 2100m³ reservoir eerste opgerig om water te stoor. Dit word gevolg deur agt groot vate van twee meter elk in deursnee wat sand filtreer. Drie filters wat ione uitruil, is verantwoordelik vir die verwydering van die magnesium en die kalsium of die sogenaamde ‘harde’ stowwe, beter bekend as kalk.

"Dié installasie word gevolg deur die installering van toerusting en masjinerie wat met waterstofperoksied mikrokieme doodmaak", sê Deelie. Laastens word ook chloor gebruik om die water verder te ontsmet.

“Die kontrakwaarde is N$36 miljoen en kleingeld. Dit sal aangepas word soos ons aangaan en sluit ook enige gebeurlikhede in. Daar is 10% gebeurlikhede in die projekwaarde vir die onvoorsiene goed wat gebeur,” sê Seifart.

Tsumeb se munisipale woordvoerder Stella Imalwa-Nangolo sê die munisipaliteit is dankbaar vir die “kritieke en noodsaaklike” wat teen einde Oktober voltooi sal wees. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 Katima Mulilo: 8° | 32° Rundu: 8° | 30° Eenhana: 10° | 31° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 13° | 31° Tsumeb: 12° | 27° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 8° | 24° Windhoek: 6° | 20° Gobabis: 8° | 27° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 17km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:41, High tide: 03:38, Low Tide: 22:03, High tide: 16:09 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 14km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:39, High tide: 03:36, Low Tide: 22:01, High tide: 16:07 Walvis Bay: 12° | 18° Wind speed: 17km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:39, High tide: 03:35, Low Tide: 22:01, High tide: 16:06 Rehoboth: 5° | 20° Mariental: 5° | 20° Keetmanshoop: 5° | 15° Aranos: 5° | 23° Lüderitz: 12° | 16° Ariamsvlei: 7° | 13° Oranjemund: 12° | 16° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 7° | 26° Lubumbashi: 11° | 30° Mbabane: 6° | 27° Maseru: 1° | 18° Antananarivo: 9° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 13° | 28° Windhoek: 6° | 20° Cape Town: 10° | 15° Durban: 9° | 23° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 14° | 28° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 47.96 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% Sport results: Currie Cup: Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 Weather: Katima Mulilo: 8° | 32° Rundu: 8° | 30° Eenhana: 10° | 31° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 13° | 31° Tsumeb: 12° | 27° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 8° | 24° Windhoek: 6° | 20° Gobabis: 8° | 27° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 17km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:41, High tide: 03:38, Low Tide: 22:03, High tide: 16:09 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 14km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:39, High tide: 03:36, Low Tide: 22:01, High tide: 16:07 Walvis Bay: 12° | 18° Wind speed: 17km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:39, High tide: 03:35, Low Tide: 22:01, High tide: 16:06 Rehoboth: 5° | 20° Mariental: 5° | 20° Keetmanshoop: 5° | 15° Aranos: 5° | 23° Lüderitz: 12° | 16° Ariamsvlei: 7° | 13° Oranjemund: 12° | 16° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 7° | 26° Lubumbashi: 11° | 30° Mbabane: 6° | 27° Maseru: 1° | 18° Antananarivo: 9° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 13° | 28° Windhoek: 6° | 20° Cape Town: 10° | 15° Durban: 9° | 23° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 14° | 28° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 47.96 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82%