Toeriste kan Twyfelfontein nou gemakliker bereik nadat die pad opgegradeer is. Foto Tanja Bause
Toeriste kan Twyfelfontein nou gemakliker bereik nadat die pad opgegradeer is. Foto Tanja Bause

Twyfelfontein nou meer toeganklik

Augetto Graig
Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, het die opgegradeerde 20 km gedeelte van die DR2612-pad na Twyfelfontein – ’n Wêrelderfenisgebied – amptelik geopen.

Die pad is teen ’n koste van N$36 miljoen tot ’n lae volume teerpad opgeknap.

Die Padfondsadministrasie (RFA) het die projek gefinansier en die Paaieowerheid (RA) het Nexus Civils en Element Consulting Engineers as kontrakteurs aangestel.

Die minister sê 48 werknemers van die Khorixas-kiesafdeling is ingespan om die werk oor ’n tydperk van ses maande te voltooi. Hy was nogtans nie in sy skik dat net twee hiervan vroue is nie.

Die opgradering was nodig aangesien die daaglikse padgebruik toegeneem het vanaf 170 voertuie in 2019 tot 296 vanjaar, sê hy.

Nie net toeriste gebruik die pad nie, maar die pad verbind ook agt klein gemeenskappe met toegang tot hospitale, skole en ander staatsinstansies.

Mutorwa sê 12 oorde wat in die hoogseisoen tot 760 werknemers in diens neem, gebruik ook die pad.

Die pad sluit aan by die pad na Hentiesbaai, Uis, Khorixas en Kamanjab wat ook opgegradeer word.

“Dus, weens die belangrikheid van hierdie gebied en die toename in verkeer op die pad, het dit onekonomies geraak om die grondpad op standaarde in stand te hou, wat gelei het tot die besluit om die pad op te gradeer,” het hy gesê.

Twyfelfontein is die tuiste van meer as 2 000 rotsgravures wat tot meer as 6 000 jaar oud is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!