PAY YOUR TAXES: The KFW says it will not fund a lucrative road upgrade and construction project to companies found not to be compliant in paying taxes.
PAY YOUR TAXES: The KFW says it will not fund a lucrative road upgrade and construction project to companies found not to be compliant in paying taxes.

Usakos-padtender in die weegskaal

Nog geen kontrak onderteken nie
Die maatskappy, wat gekies is as die voorkeurtenderaar vir die padprojek van meer as N$340 miljoen, is van belastingontduiking beskuldig.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage - Die winsgewende konstruksie- en opgraderingstender vir die pad tussen Usakos en Karibib hang nou in die weegskaal nadat die Namibië Inkomste-agentskap (NamRA) die Chinese konstruksiemaatskappy Zhong Mei Engineering Group van belastingontduiking beskuldig het.

Die maatskappy is gekies as die voorkeurtenderaar vir die padprojek van meer as N$340 miljoen. Die projek val onder die Paaieowerheid (RA) en word deur die Duitse ontwikkelingsbank KfW gefinansier.

Zhong Mei was een van sewe maatskappye – almal in Chinese besit – wat op die kortlys vir dié padprojek was.

Die KfW het gesê die toekenning van die tender aan Zhong Mei sal slegs gefinaliseer word indien gevind word dat die maatskappy sy belastingverpligtinge nakom.

“Die RA se tenderproses ingevolge die openbare verkrygingswet maak voorsiening daarvoor dat die ondertekening van die kontrak vir die opgradering van die Usakos-Karibib-pad slegs kan plaasvind wanneer die betrokke tenderaar ’n goedkeuringsbrief van NamRA kan toon,” het die KfW se streekdirekteur in Namibië, Beatrice Lucke, gesê.

Volgens Lucke word die tenderproses nog deur die RA hersien en is geen kontrak tot dusver onderteken nie.

BELASTINGPYNE

In hofstukke het NamRA se hoof, kommissaris Sam Shivute, opgemerk dat Zhong Mei geen belastingbetalings gedurende die tydperk onder oorsig gemaak het nie – ten spyte van staatstenders ter waarde van byna N$1 miljard wat aan die maatskappy toegeken is.

Die belastingagentskap het Zhong Mei onlangs geskok deur N$33 miljoen se hangende belasting direk van sy bankrekening af te trek.

Ondanks die multimiljoendollar-tenders, sê NamRA sy oudits toon dat die maatskappy geen opbrengste, geen uitgawes en geen inkomste aangeteken het toe hy sy belastingopgawes vir 2013 tot 2022 ingedien het nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!