Verdere studie vir dam in Oranjerivier

Brigitte Weidlich
Die beplanning vir die konstruksie van ’n dam in die omgewing van Vioolsdrift (Suid-Afrika) en Noordoewer (Namibië) het gevorder tot op die punt waar die Oranje Senqu River Commission (Orasecom) nou presiese aanbevelings vir die grootte, ligging en tipe dam wil afhandel.

Hierdie fase sluit ook in die verkryging van ’n omgewingspermit vir implementering.

Die beplanning vir die dam het reeds in 2015 begin sal volgens aanvanklike verslae in 2016, sowat 2 800 miljoen kubieke meter beset. ’n Lewensvatbaarheidstudie is reeds in Mei 2020 voltooi, maar dit het nie aanbevelings oor die optimale grootte van die beplande reservoir ingesluit nie.

"Daarom is nog ’n studie nodig om die presiese aanbevelings te verkry," het Orasecom in ’n tenderkennisgewing gesê wat Donderdag uitgereik is.

Orasecom bestaan uit lede vanuit die vier oewerstate, naamlik Lesotho, Suid-Afrika, Botswana en Namibië.



DOEL

Die doelwit met dié dam is glo om die langtermyn, volhoubare opbrengs van die Oranjerivierstelsel te verhoog om te vergoed vir die verlies aan opbrengs weens die beplande ingebruikneming van Fase 2 van die Lesotho Highlands Water Project (LHWP-2) en die gepaardgaande vertakking na die Vaalrivierstelsel.

Die nuwe dam sal na verwagting ook voldoen aan die geprojekteerde toename in wateraanvraag in die Oranjerivierstelsel, veral met betrekking tot toekomstige grootskaalse besproeiingsprojekte in Namibië op die Benede-Oranjerivier.

Die dam sal dien as 'n regulerende reservoir vir die Benede-Oranjerivier om voorsiening te maak vir vloei wat die seisoenale waterverspreiding volgens die ekologiese watervereistes van die Benede-Oranje regstel.



GROOTTE

Die aanvullende studie sal presiese aanbevelings vir onder meer die hoogte van die damwal en die beoogde opgaarvermoë van 2,8 tot drie miljard kubieke meter insluit.

Die departement vir hidrouliese ingenieurswese in Suid-Afrika het reeds ’n aanbeveling gemaak oor die grootte van die dam en gesê dit kan tussen 450 en 650 miljoen kubieke meter wees.

Tenderaansoeke moet teen 24 Januarie by die sekretariaat se kantoor in Johannesburg ingedien word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!