Verkygingsraad verduidelik Naute-besluit
Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) het die redes breedvoerig uiteengesit waarom ’n tender deur Adaptive Building Land Construction vir die konstruksie van die Naute-Keetmanshoop-waterpyplynvervanging en bykomende werke gediskwalifiseer is.
Die maatskappy het die bod tesame met die China State Construction Engineering Corporation ingedien. Dit volg op ’n mislukte aansoek in die hoërhof om die Verkrygingsraad se toekenning van die bod aan ’n gesamentlike onderneming – wat uit JDN Civil Engineering en New Era Investment bestaan – om te keer.
Met die uiteensetting van sy redes het die Verkrygingsraad gesê dat die bieër weens die volgende redes van die tenderproses gediskwalifiseer is: “Die bieër het ’n brief verskaf wat verwys na soortgelyke projekte in soortgelyke werke wat voltooi is, maar die verwysingsbrief dui nie die projekwaarde aan nie of gee nie ’n kort beskrywing van die omvang van werk wat gedoen is soos dit in die instruksie aan bieërs vereis is nie,” het die Verkrygingsraad in ’n kennisgewing gesê.
Adaptive Building Land Construction en China State Construction Engineering Corporation het verder versuim om besonderhede van ’n soortgelyke maar aparte bod vir werk wat hulle gedoen het op die voltooide Schwartzkuppe-projek te verskaf. Dié maatskappye het ’n verwysingsbrief verskaf waarin die werk wat in die verlede gedoen is, as deel van sy boddokument uiteengesit word.
“Tweedens het die bieër ’n verwysingsbrief en sertifikaat vir die Schwartzkuppe-projek verskaf, maar die verwysingsbrief spesifiseer nie die deursnee van die pyp soos vereis in die instruksie aan bieërs nie,’ het die CPBN gesê.
Die hof se uitspraak het die weggebaan vir die CPBN om die tender aan JDN Civil Engineering en New Era Investment toe te ken.
Met die beslissing van die hoërhof, sal die Verkrygingsraad nou voortgaan en die kontrak aan JDN Civil Engineering in samewerking met New Era Investment toe te ken. Hierdie kontrak het ’n waarde van N$184 miljoen en is kritiek vir die bestaan van die gemeenskappe in die Suide, aangesien die Nautedam water aan Keetmanshoop en omliggende gebiede verskaf. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie