Verslag oor impakstudie vir ontsoutingsaanleg gereed
Beskikbaar aanlyn of harde kopieë
Die nuwe ontsoutingsaanleg sal naby die bestaande Orano-aanleg opgerig word.
Brigitte Weidlich –Die verslag oor die voltooide omgewingsimpakstudie vir die konstruksie van ’n tweede ontsoutingaanleg naby Wlotzkasbaken is beskikbaar en kan tans besigtig word.
Die maatskappy SLR Consulting het Dinsdag dié aankondiging gemaak. Die verslag sal vanaf môre tot 23 Oktober aanlyn beskikbaar wees by www.slrconsulting.com/en/public/documents.
Harde kopieë is beskikbaar by die munisipale biblioteke in Swakopmund en Walvisbaai en in Hentiesbaai by die ministerie van onderwys se kantoor. ’n Gedrukte kopie van die verslag kan ook vanaf môre by die Namibiese Wetenskaplike Vereniging in Windhoek besigtig word.
Openbare verhore word in Swakopmund, Hentiesbaai en Walvisbaai beplan. Die verhore vind plaas in Swakopmund op 26 September om 17:30 in die Pension Atlantic Villa, in Walvisbaai op 27 September om 17:30 by die Lagoon Chalets en in Hentiesbaai op 28 September om 17:30 by Hotel De Duine.
Die nuwe ontsoutingsaanleg sal naby die bestaande Orano-aanleg en ongeveer 1,4 km binnelands opgerig word en sal gedeeltelik deur sonkrag aangedryf word. Die sonkragaanleg sal op ongeveer 141 hektaar in die Gaingu-bewaringsgebied gebou word. Vir hierdie doel sal ’n nuwe 33 kV-transmissielyn opgerig word om die fotovoltaïese (PV)-stelsel met die nuwe Khan-substasie te verbind.
Die aanleg sal na verwagting in verskeie fases ontwikkel word met ’n totale kapasiteit van 36,2 miljoen m³ (kubieke meter) water per jaar.
Fase 1 behels 20 miljoen m³ water per jaar tot 2024, ’n bykomende 8 miljoen m³ water per jaar tot 2026 en in die derde en finale fase ’n verdere 8 miljoen m³ water per jaar tot 2037.
Die Orano-ontsoutingsaanleg, wat in private besit is, kan ’n maksimum van 20 miljoen kubieke meter drinkwater voorsien.
Die ontsoute water sal via die bestaande waterpyplyn vanaf die nuwe aanleg na die sentrale kusgebied vervoer word. ’n Nuwe ysterpyplyn van 4 kilometer moet vanaf die aansluiting van die ontsoutingsaanleg na die bestaande Omdel-Swakopmund-waterpyplyn gebou word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie