Water vloei weer na die Hardapskema
Die watertoevoer na die Hardap-besproeiingskema is gister op ’n 20%-waterbesparingsbasis herstel nadat die skema reeds maande lank sonder water is.
Dit beteken produsente sal 80% van hul normale waterverbruik vir besproeiing ontvang.
Dawie de Klerk van die Hardap Boerevereniging het dit gister aan Network Media Hub (NMH) bevestig.
“Water is vanoggend [Woensdag] oopgemaak en word tans op die stelsel gelaai. Dit sal hopelik binne twee dae gereed wees vir besproeiing by 80% van hul normale watergebruik,” het hy gesê.
NAMWATER
NamWater se woordvoerder, Lot Ndamanomhata, het gister bevestig dat NamWater op 20 Januarie 2025 met die voorsiening van die besproeiingswater sal begin, met die laai van die stelsel wat gister begin het om lug uit die besproeiingstelsel te verwyder.
Hy het gesê hierdie besluit volg op uitgebreide konsultasies met belanghebbendes, ’n
gedetailleerde ontleding van waterbeskikbaarheid, en opgedateerde evaluasies van potensiële invloei.
Dié positiewe ontwikkeling kom nadat produsente ’n voorlegging aan NamWater gemaak het om watertoevoer na die besproeiingskema te hervat ná goeie reënval in die Hardapdam se opvangsgebied. Die besluit om watertoevoer te herstel is daarna deur die ministerie van landbou, water en grondhervorming goedgekeur.
DAMVLAKKE
NamWater het op 31 Oktober die watertoevoer na die besproeiingskema vanaf die Hardapdam opgeskort weens die dam se lae vlak. Dit was destyds minder as 6,5% vol.
Ná die onlangse goeie reënval in die omgewing het die vlak van die Hardapdam van 5,5% tot 16,6% gestyg. Verlede jaar hierdie tyd was die dam 18,1% vol.
Die Hardapdam het ’n kapasiteit van 320 miljoen kubieke meter.
Volgens die jongste reënvalbulletin wat deur die Namibië Meteorologiese Dienste uitgereik is, was Desember 2024 ’n droë maand vir die grootste deel van Namibië met geïsoleerde buie oor die noordelike helfte van die land.
Daar was egter bogemiddelde reënval in die Ohangwena- en Oshanastreek, asook sommige dele van Kunene, Oshikoto, Otjozondjupa, Omaheke, Hardap en Kavango-Oos in vergelyking met die langtermyngemiddelde vir Desember.
Gedurende Februarie tot Maart 2025 sal die grootste deel van die land waarskynlik bogemiddelde reënval ontvang en gemiddelde reënval word vir die sentrale dele voorspel, terwyl die Namib waarskynlik ondergemiddelde reënval sal ontvang.
Mariental het gedurende Desember 29 mm ontvang terwyl sy seisoenale totaal sedert Oktober, 40 mm is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie