Windhoek faal met rioolbestuur
Opgradering van die herwinnings- en rioolwerke gefinansier
Sanitasie is een gebied waar Namibië toenemend ernstige probleme ondervind, sê die minister van landbou, water en grondhervorming.
“Ons hoofstad het nie meer die kapasiteit om riool te bestuur nie. Die Goreangabdam wat jy vir varswatervoorsiening gebruik, is nou ’n groot riooldam en daardie riool stort in die Swakoppoortdam.”
So het die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, in sy onlangse jaarlikse toespraak aan personeel en belanghebbendes gesê.
Hy meen sanitasie is een gebied waar Namibië ernstige probleme, “algemeen en landswyd”, ondervind wat nie net tot ontlasting in die bosse beperk bly nie.
“Ons is besig om baie noodsaaklike varswaterbronne op te mors deur die onvermoë om riool in ons hoofstad te bestuur.”
Schlettwein sê die ministerie het saam met NamWater die probleem geïdentifiseer en sal nou die finansiering en tot ’n mate die bedryf van die herwinning- en rioolwerke oorneem.
Volgens hom is die nodige finansiering vir die opgradering van die herwinning- en rioolwerke vir die stad, in samewerking met Windhoek se munisipaliteit, reeds afgehandel.
“Ons moet veg dat ons ontslae raak van openbare ontlasting weens ’n gebrek aan sanitasiegeriewe en dit is nie net in gemeenskaplike gebiede nie. Ek wonder hoeveel plaaswerkers ontlas in die oopte. Ek is seker daar is baie?”
PLAN VAN AKSIE
Die minister sê die kabinet het verlede jaar die nasionale strategie vir sanitasie en higiëne, met sy gepaardgaande model vir die indiensneming van werklose jongmense in die konstruksie van sanitasiefasiliteite, goedgekeur.
Volgens Schlettwein volg die ministerie ook ’n nuwe benadering tot skool- en gemeenskapsgeleide strategieë (School Led Total Sanitation / Community Led Total Sanitation Strategies) om aan Namibiese norme te voldoen in sy strewe om behoorlike sanitasiegeriewe landswyd op te rig.
“Ons samewerking met die ministerie van landelike en stedelike ontwikkeling, sowel as plaaslike owerhede, sal doeltreffende uitkomste vir stedelike sanitasiebehoeftes lewer.”
HULP WORD VERLEEN
Hy het gesê konsultasie met verskeie plaaslike owerhede is reeds aan die gang en sy ministerie het ’n mate van steun aan plaaslike owerhede op Katima Mulilo, Rundu en Otavi verleen.
Ongeveer 144 begunstigdes word deur opnames in die Ohangwenastreek geïdentifiseer vir die bou van nuwe sanitasiegeriewe. Soortgelyke pogings word ook deur Community Led Total Sanitation (CLTS) in die Kunenestreek aangewend.
Schlettwein sê naas die konstruksieplanne word openbare bewusmaking en gemeenskapsopvoeding in streke, asook landelike en stedelike gebiede nagestreef.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie