Windhoek kan 'ineenstort' weens ECB-opdrag
Kragreguleerder hof toe gesleep oor verbod op afsny van krag
Namibië se grootste munisipaliteit wat reeds miljarde deur inwoners geskuld word, sê die toekoms is donker sou die hof nie tot sy redding kom nie.
Stad Windhoek sê dit gaan ineenstort as die hof nie die kragreguleerder se besluit hersien om plaaslike owerhede te verbied om voorafbetaalde kragmeters te blok in ‘n poging om agterstallige skulde te verhaal nie.
In hofdokumente wat in die hoërhof geliasseer is, het die munisipaliteit se uitvoerende hoof Moses Matyayi gesê indien die besluit gehandhaaf word, sal die land se administratiewe spilpunt in duie stort omdat die “blokkering van voorafbetaalde meters en die opskorting van kragvoorsiening van kliënte wat versuim om hul munisipale rekeninge betaal, een van Stad Windhoek se doeltreffendste metodes van skuldinvordering is”.
Die munisipaliteit se besluit om die reguleerder hof toe te sleep, is in reaksie op die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) se opdrag in Junie wat streekrade en plaaslike owerhede om die praktyk te staak om voorafbetaalde kragmeters te blok om agterstallige bedrae op ander munisipale dienste te verhaal. Die ECB het die betrokke owerhede ook versoek om ander metodes van skuldinvordering te ondersoek wat aan die relevante wetgewing voldoen.
Die ECB het Vrydag in ‘n mediaverklaring gesê dit gaan hangend die uitslag van die regsprosedure nie klagtes ondersoek oor die blok van voorafbetaalde kragmeters deur plaaslike owerhede weens agterstallige skuld vir ander munisipale dienste nie. Tot dan sê die reguleerder word dit beperk om enige optrede teen lisensiehouers van stapel te stuur wat voorafbetaalde kragmeters geblok het vir agterstallige skuld vir ander munisipale dienste.
Die munisipaliteit beskuldig die reguleerder daarvan dat die besluit sonder enige konsultasie geneem is.
Tans maak 58 000 van die 69 668 huishoudings in die munisipaliteit se jurisdiksie gebruik van voorafbetaalde kragmeters.
Die opdrag kom volgens die munisipaliteit in ‘n tyd waarin die hoofstad se inwoners die munisipaliteit meer as N$930 miljoen in onbetaalde munisipale dienste skuld. Die stadsvaders sê ook die meeste van sy pogings om skuld te verhaal, is met teenstand begroet. Sonder die vermoë om kragvoorsiening op te skort, sal die munisipaliteit daarom nie in staat wees om die betaling van algehele munisipale dienste van al die huishoudings te verseker nie.
Volgens Matyayi het die ECB na bewering ‘n klagte van ‘n ontevrede inwoner ontvang wie se kragvoorsiening opgeskort is. Die reguleerder het gevolglik die opdrag uitgereik sonder dat die munisipaliteit enigsins geraadpleeg is.
Matyayi sê die ECB is by magte om op versoek van enige belangstellende party as ‘n bemiddelaar op te tree om geskille tussen lisensiehouers en hul kliënte te besleg wanneer dit kom by die weiering om krag te voorsien.
“Die mag om as ‘n bemiddelaar op te tree, maak nie die ECB daarop geregtig om opdragte of uitsprake met betrekking tot sulke klagtes uit te reik nie. ‘n Bemiddelaar het geen besluitnemingsmagte nie. ‘n Bemiddelaar se rol is om partye betrokke in ‘n dispuut te help om ‘n ooreenkoms te bereik om die geskil te besleg,” sê Matyayi in hofstukke.
Volgens hom het die ECB ook nie beslissende bevoegdhede rakende dispute of die uitreik van opdragte nie, en is die reguleerder slegs verantwoordelik is vir die maak van reëls of kodes.
Hoewel inwoners maniere vind om toegang tot water te kry wanneer hul watervoorsiening opgeskort is, sê Matyayi is die toegang tot krag meer uitdagend.
Alternatiewe metodes is onveilig omdat dit wettige verbindings omseil.
“Dit is nog ‘n rede waarom die opskort van watervoorsiening nie ‘n doeltreffende manier is om skuld in te vorder nie,” het hy gesê. Volgens hom stem alle inwoners in tot die blok van hul voorafbetaalde meters as ‘n voorwaarde vir die voorsiening van krag asook ander dienste wanneer hulle aansoek doen of ‘n ander rekening vir munisipale dienste oorneem.
“Selfs al betaal kliënte met voorafbetaalde meters vir die krag wat hulle koop, is die koste van die instandhouding van die infrastruktuur om die langtermyn volhoubare kragvoorsiening te verseker asook die verdere ontwikkeling en uitbreiding van elektrisiteit, nie ten volle gedek deur die inkomste wat Stad Windhoek maak uit die verkoop van krag nie. Dit is ook gedek deur tariewe en belasting en ander fooie en heffings wat deur die munisipaliteit gevra word,” het Matyayi verduidelik. Hoewel die reguleerder nog op die beweringe van die munisipaliteit moet reageer, het ECB se regspan kennis gegee dat die hofaansoek teengestaan sal word. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie