Windhoek se damvlakke onder 30%
Versengende temperature voorspel
Namibië se gemiddelde damvlakke het in totaal tot 63,5% gedaal teenoor verlede seisoen, toe dit 76,8% vol was.
Ellanie Smit - Windhoek se gemiddelde damvlakke het tot net onder 30% gesak met geen reën wat tans voorspel word nie.
Namibië se gemiddelde damvlakke het in totaal tot 63,5% gedaal vergeleke met verlede seisoen toe dit 76,8% vol was.
In die sentrale gebiede van die land staan die gemiddelde vlak van die damme nou op 32,2%, terwyl dit verlede seisoen op 50,6% gestaan het.
Die Swakoppooortdam is op 56,6% van sy kapasiteit, die Von Bachdam is 19,5% vol en die Omatakodam is leeg.
Hierdie driedamstelsel voorsien Windhoek van water en die totale gemiddelde vlak van hierdie damme staan op 29,3% vergeleke met verlede seisoen se gemiddelde vlak van 48,2%.
Intussen is die Friedenhaudam 63,4% vol en die Goreangabdam staan op 99%.
In die Suide staan die gemiddelde damvlakke op 71,2% teenoor verlede seisoen – toe dit 85,7% vol was.
Die Neckartaldam, Namibië se grootste dam, is op 89,4% van sy kapasiteit. Verlede seisoen was dit 96,9% vol.
Die vlak van die Hardapdam naby Mariental het tot ’n skamele 28,7% gesak, die Nautedam is op 55,4% en die Oanobdam is 53% vol.
Die vlak van die Dreihukdam is op 0,5% en die Bondelsdam is leeg.
In die ooste van die land staan die damvlakke op ’n totale gemiddeld van slegs 5,9% – heelwat minder as verlede seisoen toe dit 18,6% vol was.
Die Otjivero-hoofdam is 7,8% vol, die Tilda Viljoendam staan op 28,8% en die Daan Viljoendam op 4,4%.
In ander dele van die land is die Olushandjadam in die Oshanastreek 41,5% vol, vergeleke met verlede seisoen se 12,3%.
Beide die Omaruru Deltadam in die Erongostreek en die Omatjennedam in die Otjozondjupastreek is leeg, dieselfde as verlede seisoen.
Terwyl sommige dele van die land Dinsdag ’n mate van reënval ontvang het, word versengende temperature steeds ervaar.
Volgens die Namibiese Meteorologiese Diens sou Sesfontein byvoorbeeld Vrydag ’n maksimum van 40 grade Celsius aanteken.
’n Maksimum van 38 grade Celsius is vir Eenhana, Katima Mulilo, Khorixas, Nkurenkuru, Okahao, Okaukuejo, Okongo, Omaruru, Omuthiya, Opuwo en Tsumkwe voorspel.
In Windhoek sou die kwik tot by 35 grade Celsius styg.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie