Windhoek se watervraag tans op 30 miljoen kubieke meter
Diverse bronne dra tot voorsiening by
NamWater ondersoek tans projekte op nasionale en streekvlak om die beskikbaarheid van water in Windhoek te verseker.
Windhoek se vraag na drinkwater staan tans op sowat 30 miljoen kubieke meter water per jaar en ongeveer 82 200 kubieke meter water per dag.
Om dit in perspektief te plaas, is die kapasiteit van die Oanobdam naby Rehoboth sowat 34,5 miljoen kubieke meter water.
Volgens die Namibiese Landbou-unie (NLU) se nuusbrief, verskaf NamWater volgens die Windhoekse munisipaliteit ongeveer 75% van dié vraag na drinkbare water deur die hoofstad uit oppervlakwaterbronne.
Die munisipaliteit het gesê Windhoek se watersekerheid is ’n voortdurende kommer weens die hoofstad se gemiddelde reënval van sowat 350 mm per jaar en die afgeleë ligging van die naaste standhoudende waterbron sowat 700 km weg.
Die munisipaliteit het die verantwoordelikheid om in 22 liggings in die hoofstad watervoorsiening te bestuur, riool te versamel en ook water te behandel.
Die munisipaliteit het verduidelik dat diverse bronne bydra tot die stad se watervoorsiening. Die primêre bron is oppervlakwater uit die driedamstelsel, naamlik Omatako, Swakoppoort en Von Bach, wat deur NamWater bestuur word. Dié water word by die Von Bach-watersuiweringsaanleg naby Okahandja behandel, voordat dit via die Von Bach-Windhoek-oordragskema na die hoofstad vervoer word.
“Tydens ernstige droogtes kan NamWater die stelsel ondersteun met grondwater uit die Karst-gebied deur middel van die oostelike nasionale waterdraer,” luidens die nuusbrief.
Die munisipaliteit ondersteun ook NamWater se voorsiening van grondwater wat deur middel van sy eie boorgate uit die Windhoek-akwifer onttrek word.
Verder ontgin die munisipaliteit verskeie onkonvensionele waterbronne, wat insluit die direkte drinkbare waterherwinning deur die nuwe Goreangab-waterherwinningsaanleg, herwinning van semi-gesuiwerde water vir beperkte besproeiingsdoeleindes en bestuurde waterdraeraanvulling van die Windhoek-akwifer met behulp van oppervlakwater.
Die munisipaliteit sê dit het die vermoë om ongeveer 5,09 miljoen kubieke meter water per jaar te herwin. Die daaglikse vraag na semi-gesuiwerde water is sowat 4 000 miljoen kubieke meter water met ’n maksimum voorsieningskapasiteit van ongeveer 6 000 miljoen kubieke meter water per dag.
“Tydens die somer styg die vraag tot die punt dat dit die maksimum verskaffingskapasiteit verbysteek en wat die behoefte vir die verbetering van stelsels uitlig,” luidens die munisipaliteit.
’n Beduidende beperking lê volgens die munisipaliteit in ’n deel van die pypleiding vanaf die ou Goreangab-waterherwinningsaanleg, wat uitgebrei kan word om die verskaffingskoers te verhoog.
Die munisipaliteit het beklemtoon sy voorsiening van water is kwesbaar vir beide droogte en verhoogde reënval.
“Verminderde reënval en verhoogde verdamping lei tot die verminderde beskikbaarheid van water uit oppervlak- en grondwaterbronne.
Gevolglik is daar ’n vermindering van die potensiaal om afvalwater te behandel en te herwin. Bedrywe wat afhanklik is van water kan terugslae ervaar, met die potensiaal om ’n impak op die ekonomie te hê.”
Swaar reënval kan op sy beurt opvanggebiede beskadig en kan daartoe lei dat oppervlakbronne met slik bedek word. Dit kan voorts rioolstelsels beïnvloed en ’n hidroliese oorlading in herwinningsaanlegte veroorsaak en grondwater besoedel.
NamWater ondersoek tans projekte op nasionale en streek vlak om die beskikbaarheid van water in Windhoek te verseker. Dit sluit in ontsouting en die vervoer van water vanaf die sentrale kus na sentrale gebiede, sowel as die onttrekking van water uit die Kavangorivier wat verbind word met die oostelike nasionale waterdraer.
Die munisipaliteit ondersoek ook projekte om langtermyn watervoorsiening en herwinning ’n hupstoot te gee met die uitbreiding van die herwinningsaanleg van afvalwater by Gammams.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie